Weg!

DAG 9

-

Volg van Linyanti af die pad langs die grens van die park vir sowat 30 km, en draai dan links na Kachikau waar die teerpad weer begin. Stop en pomp die bande weer stywer. Koop ’n yskoue Coke by die eerste winkeltjie (as jy net een keer in jaar ’n Coke drink, drink hom hier).

Hoewel jy nou deur dorpies ry, kan jy steeds olifante teëkom – moenie jaag nie. Van Kachikau af ry jy deur Kavimba. Trek af by die Kavimba Gateway, waar geskiedkun­dige kremetarte staan. Volgens oorlewerin­g het die stigters van Kavimba jare gelede onder dié einste bome gekamp. Loer op Mabele in by die Lwaavo Art & Culture Centre, waar mooi grasmandji­es verkoop word.

Voordat jy aanklop by Muchenje Campsite &

Cottages, gooi eers brandstof in by die nuwe Pumavulsta­sie buite Muchenje.

Duik in die swembad by die Muchenje Campsite & Cottages, en kuier op die dek wat uitkyk oor die vloedvlakt­e. In die laatsomer kom die water tot teenaan die dek, maar in die droë seisoen is hier skaars ’n plassie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa