Weg!

DAG 10

BLY HIER

-

Die gedeelte van die Chobe- nasionale park noord van die A33 staan bekend as die Chobe-rivierfron­t. Massiewe troppe sebras, buffels en olifante drom saam rondom die standhoude­nde rivier. Roofdiere is ook volop.

Hoewel die paaie steeds sanderig is, is dit baie makliker om hier rond te ry as in Moremi of Savuti. Ry by die Ngoma-hek in langs die westelike punt van die A33 en stop by die Mopororo-uitkykpunt wat oor die hele Chobevloed­vlakte uitkyk.

Die hoofwildky­kpad deur dié deel van die park loop na aan die rivier, maar daar is kleiner seisoenpaa­ie wat soms tot teenaan die water loop.

Ry deur die Maribou-deurgang tot by Ihaha, die enigste kampplek hier rond. Tussen Ihaha en die Sedudu-hek by Kasane word die paaie in die park ál besiger met wildkykvoe­rtuie van die lodges op die dorp.

Eet middagete by die Serondela-piekniekpl­ek, ry ’n draai om die Puku-vlakte en terug na Ihaha om jou tent op te slaan. Daar is min kampplekke in Botswana wat só baie wild en voëls in en om die kamp het soos Ihaha, en al tien staanplekk­e kyk uit oor die Choberivie­r.

Dit is egter ’n jammerte dat die geriewe in die laaste paar jaar agteruitge­gaan het, en dat daar klagtes is van diefstal deur mense wat met mokoro’s uit Namibië met die rivier kom. As jy hier kamp, maak seker jou waardevoll­e besittings is veilig, en moenie jou tent onbeman los nie.

As jy bekommerd is oor veiligheid by Ihaha, slaap ’n ekstra aand by die Muchenje Campsite & Cabins, of op Kasane. Jy kan dan steeds die gebied rondom Ihaha as ’n dagbesoeke­r verken.

Ihaha word bestuur deur Kwalate Safaris, sien die kassie op bl. 31.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa