Weg!

DAG 11

-

Kasane is ’n skielike gewoel ná tien dae in die wildernis, maar dis vir ’n slag lekker om in ’n eetplek te sit en ’n bord kos (wat nog te sê van ’n cappuccino!) te bestel. Ons gunsteling­e is The Coffee Buzz (vir ontbyt en koffie),

The Old House (bespreek vooraf vir aandete) en PPCC (dit staan vir Pizza Plus Coffee & Curry – jy kan omtrent énigiets hier eet!).

Kasane lê uitgestrek langs die Choberivie­r. Vlakvarke drentel in die straat rond en dis nie ongewoon dat seekoeie saans gesien word nie. In party dele van die dorp – waar ’n loopgang toegang tot die rivier verskaf – kan jy selfs olifante en buffels teëkom! Kasane se sjarme lê juis in hoe knus mens en natuur langs mekaar leef.

Hier is supermarkt­e, banke, vulstasies, ensovoorts. Vandag is die dag om jou spens aan te vul, jou motor te laat versien indien nodig, en bespreking­s te maak vir die volgende paar dae se aktiwiteit­e. Besoek die geskiedkun­dige kremetart voor die polisiesta­sie – dit het deur die jare heen as tronk én poskantoor gedien.

Indien jy by die Chobe Safari Lodge kamp, is die winkels binne loopafstan­d, maar andersins sal jy moet ry. Kasane se buurdorp is Kazangula, ’n grensdorp waar swaar voertuie deur grensposte na Zimbabwe en veral Zambië beweeg. Die Kazangula-veerboot word steeds gebruik om voertuie oor die Zambesiriv­ier van Botswana na Zambië te vervoer – dis interessan­t om dop te hou.

’n Nuwe grenspos en brug oor die rivier word tans gebou, en dis dalk al voltooi teen die tyd dat jy daar kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa