Weg!

DAG 12

-

Bespreek vooraf ’n wildrit Chobe toe. Enigeen van die lodges of kampplekke kan dit vir jou reël. Sommige het hulle eie voertuie en gidse; ander gebruik ’n derde party.

Jy kan natuurlik self ook in die park rondry, maar vat vandag ’n bietjie af en laat iemand anders die bestuurwer­k doen. Daar’s opwinding in die lug wanneer jy agterop die wildkykvoe­rtuig by die parkhek aankom – wat gaan julle sien? Onthou om ’n warmding te bring, want dis koud soggens.

Jy volg ’n sirkelroet­e van die hek af na die rivieroewe­r, en nadat jy bene gerek en die badkamer besoek het by die Serondela-piekniekpl­ek, draai jy terug. Leeus word gereeld gesien. Jy behoort teen elfuur terug in Kasane te wees – nét betyds vir ’n laatontbyt.

Lê laag deur die middel van die dag. Vanmiddag gaan jy op ’n sonsonderg­angvaart, maar dis véél meer as dit!

’n Vaart op die Choberivie­r is uniek. Waar anders in die wêreld kan jy op ’n boot in ’n kampstoel sit met ’n koue bier of koeldrank in die hand, en rustig sit en kyk na olifante, buffels en seekoeie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa