Weg!

VICTORIAWA­TERVAL

- Koste

Indien jy nog nooit by die Victoriawa­terval was nie, bespreek vir dag 13 ’n toer soontoe. Hoewel jy in jou eie voertuig kan ry, is dit slim om eerder by ’n georganise­erde toer aan te sluit.

Jy word vroegdag by jou blyplek op Kasane opgepik, deur die grens geneem ( jy het net jou paspoort nodig), en word tot op die dorpie Victoria Falls geneem, waar jy by die ingangshek van die waterval afgelaai word.

Jy het drie uur om by die waterval deur te bring – stap rustig van een uitkykplek na die ander. Bring ’n reënjas saam, en iets soos ’n handdoek om jou kamera mee te beskerm. Geniet daarna middagete iewers op die dorp. Ons keuse is The Lookout Café. Die uitsig van hier af is onverbeter­lik – jy kyk uit oor die Batokaravy­n stroomaf van die waterval. Die brug wat oor die Zambesi span, rond die prentjie af. In die namiddag word jy teruggenee­m na Kasane.

(Met jou eie voertuig moet jy duur oorgrensta­riewe – tot R1 000 – betaal. Dis nie die geld werd net vir een dag in Zim nie.)

Sowat P780 p.p. Die meeste hotelle of lodges kan die uitstappie vir jou reël. Dit sluit jou vervoer in, maar nie middagete nie. Kinders jonger as 12 kry afslag. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa