Weg!

DOENDINGE

-

PANGOLIN PHOTO SAFARIS ’n Vaart op die rivier kos US$130 p.p. en sluit in die gebruik van ’n kamera, ’n SDkaart met jou foto’s wat jy kan hou, drankies, en parktariew­e. Die goeie nuus is Weg- lesers kry 50% afslag! Hoe eis jy die afslag? Sê net jy’s ’n Weg- leser!

CARACAL CENTRE ’n Begeleide toer kos P65 p.p. Halfprys vir kinders jonger as 12 en gratis vir 6 jaar en jonger. Dis aan die westekant van Kasane – vra dat iemand vir jou die pad beduie. Oop: Elke dag van 9 vm.-5 nm. ; caracal.info

diep in die water is dat water by die inlaat invloei nie.

Span ’n seil oor die neus van jou voertuig om te keer dat daar baie water voor by die neus inkom. Maak jou veiligheid­sgordel los en jou ruite oop. As jy die diepte van die water só lelik onderskat het dat jy handdoek moet ingooi, moet jy so vinnig as moontlik uit die voertuig kan kom.

Gebruik jou laestrekra­tte (tweede rat) sodat jy krag in die water het, maar ook genoeg momentum. Handhaaf dieselfde spoed in die water sodat daar ’n boeggolf voor jou voertuig vorm. Bly agter hom. saam met jou paspoort – dis hoe belangrik dit is. ’n Kompressor om jou bande later weer styf te pomp is net so waardevol.

Bly waar moontlik in die spore waar ander voertuie reeds gery het. Moenie vinnig versnel of rem nie. As jy vassit in die sand, is daar ’n paar goed wat jy kan probeer voordat jy begin grawe: Probeer eers die voertuig in trurat sit en agteruitry; laat nog lug uit die band as dit nie werk nie. Jy kan die bande tot 0,5 bar afblaas indien nodig.

Probeer ook om klippe en takke (maak seker daar is nie skerp punte nie) onder die wiele te pak vir ekstra trekkrag.

Bring ’n sandleer saam as jy een het – dit werk soos ’n bom. As dit steeds nie werk nie, gebruik ’n wenas om die voertuig uit te trek, of laat ’n ander voertuig help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa