Weg!

BESTE TYD VAN DIE JAAR

-

Daar is nie ’n verkeerde tyd om die roete te ry nie. Die nat seisoen tussen November en Maart is die beste tyd vir voëlkykers.

Aan die begin van die droë seisoen – tussen April en Oktober – bereik die vloed die Okavangode­lta en hoewel dit nie reën nie, is daar baie water in Moremi.

Die beste tyd om wild te sien is net voor die nat seisoen begin. Die tekort aan water veroorsaak dat diere saamdrom rondom watergate, veral in Savuti.

Dis moeilik om op die hoofpaaie deur die parke te verdwaal. As jy egter van die kleiner en seisoenpaa­ie wil verken, moet jy Tracks4Afr­ica op jou GPS hê, of ’n goeie kaart (soos dié in se Botswana-gidse).

Behalwe by Ihaha is die kampplekke veilig. Daar is wel bobbejane en ape wat lang vingers het; maak dus seker alles is gesluit. Hiënas en selfs olifante sal ook ’n kans vat. Onthou – hier is geen heinings nie.

Ons raai aan dat jy nie jong kinders saamneem nie – oral is ’n hiëna of wildehond.

As jy wel jou kinders saambring, maak seker hulle bly heeltyd naby die tente en kampvuur en stap nooit sonder ’n volwassene ablusieblo­k toe nie.

Hierdie is ’n malariageb­ied – tref dus voorsorg.

Die meeste van die kampplekke het lopende water, maar bring ’n paar kanne drinkwater saam vir die wis en die onwis.

Maak seker jy vat goeie flitse en kopligte saam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa