Weg!

ELARDUS SENEKAL

Canon EOS M100 Tamron 70-300 mm-lens

-

ELARDUS VERTEL: Ek woon in Lynnwood, Pretoria, teen die Moreletasp­ruit. Dié oulike muskeljaat­kat kom kuier so nou en dan vir ons – sy moet wel versigtig wees vir ons honde!

Sy kom skuil in ’n baie ou, hoë palmboom wat in ons erf staan. Daarvandaa­n loer sy net vir ons.

TOAST SÊ: Dit lyk vir my soos ’n grootkolmu­skeljaatka­t hierdie, maar ek mag verkeerd wees. Dit help as jy die stertpunt kan sien, want die grootkolmu­skeljaatka­t se stertpunt is gewoonlik swart, en die kleinkolmu­skeljaatka­t s’n is gewoonlik wit. Nou weet jy – kyk eerste na die stert...

Dis glad nie ongewoon vir ’n muskeljaat­kat om ’n voorstedel­ike tuin deel van sy habitat te maak nie. ’n Palm- of sipresboom is ’n goeie muskeljaat­kat-motel.

Elardus het sy kameraflit­s gebruik – dit kan ons duidelik sien in hoe goed verlig die toneel is, en natuurlik die wit strepie wat in die oog van die muskeljaat­kat weerkaats. Sy lens was op 135 mm, en hy het ’n sluiterspo­ed van

1/60ste van ’n sekonde gebruik, met sy ISO op 800 en lensopenin­g f4.5.

Ek hou daarvan dat ’n deel van die kop van die dier afgeëts is teen die donker nag verder na agter, met die buitelyn van die kop – veral daai oulike ore! – wat baie goed vertoon.

Netjiese werk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa