Weg!

GERHARD THYSSE

Canon EOS 7D Mk. II Canon 24-70 mm-lens

-

TOAST SÊ: Gerhard het hierdie mooi sonsopkoms­foto naby Onder-Sabie geneem. ’n Goeie landskapfo­to moet jou op reis neem. Dit moet jou dadelik aangryp.

Hier wil jy langer kyk na die klassieke vroegdagkl­eure – die oranje van die son en die lug, maar ook die sagter perse en pienk wat uit die wolke vloei en op die rivier kom lê.

Nou wil jy langer bly, jy wil deur die foto “beweeg”. Kyk hoe lekker vat Gerhard se foto jou oog rond, van die son tot hier voor tussen die riete en weer terug horison toe.

Padlangs laat dit jou lekker diep asemhaal... in, en uit. Dankie, Gerhard, nou voel dit of ons ook daar was. Tyd vir koffie uit die fles? Hoekom nie?

voor ons verbygeloo­p, al roepend... dit was besonders mooi.

Ek is supertrots op dié foto!

TOAST SÊ: Daar is sekere oomblikke in die natuur wat jy eenvoudig nooit sal vergeet nie, en ek vermoed Susan se leeu-oomblik gaan haar nog lank bybly!

Vir die meeste van ons is ’n besoek aan die Kgalagadi iets wat jy net een keer elke hoeveel jaar kan bekostig. Dis spesiaal. En ja, jy gaan soontoe omdat jy weet daar’s leeus om te sien – maar dis ook nie al wat saakmaak nie. Maak vroeg vrede met die feit dat die enigste leeu wat jy in ’n week gaan sien, dalk die een op jou Simba-tjips gaan wees...

Maar tog... tog droom jy. En dan, wanneer als in plek val, klop jou hart vinniger, jy mik en druk dat dit bars, kry jou foto en dan, wanneer daai leeu brul, dan vóél jy dit diep, diep binne jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa