Weg!

Vinnige feite

-

Hoeveel kos dit per dag? Brasilië was duurder as die meeste ander Suid-Amerikaans­e lande wat ons besoek het. Ons gemiddelde daaglikse begroting was R1 500 per dag en dit sluit kos, blyplek vir twee, diesel én motordiens­te in.

En as ek nie my eie ryding het nie? Ons het drie maande deur Brasilië getoer en 22 000 km gery, maar daar is nog soveel plekke waarby ons nie kon uitkom nie. Jy moet baie tyd tot jou beskikking hê vir ’n selfrytoer. Indien tyd ’n luukse is, vlieg eerder tussen bestemming­s en gebruik openbare vervoer of huur ’n voertuig om ’n spesifieke omgewing te verken.

Kamp Dis nie so gewild in Brasilië soos in Suid-Afrika nie – daar was wel ’n paar kampplekke langs die kus. Op ander plekke moes ons dikwels by bedrywige vulstasies oorstaan tussen 30 lorries of meer wat hier van 4 vm. af begin om hulle enjins se toere op te ja. Baie gebiede in Brasilië is nie juis toegerus vir oorlandrei­sigers nie, tensy jy in ’n ten volle toegeruste ryhuis reis.

Veiligheid? Brasilië se kusstede is berug dat hulle net so gevaarlik soos Suid-Afrika se groot stede is, maar sowat 50 km buite die stede het ons sonder voorval wild gekamp – ons het selfs ’n paar keer op die strand gekamp.

Nuttige bronne ioverlande­r. com; “PanAmerica­n Travelers Associatio­n” op Facebook

Visums Suid-Afrikaners het nie visums nodig vir Brasilië nie. Op die grens kry jy ’n 90 dae-permit wat jy maklik vir nog 90 dae kan verleng. Taalles Leer ’n paar Portugese woorde en laai Google Translate op jou slimfoon. Verlaat jou gemaksone en gesels met die Brasiliane – hulle is baie aangename mense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa