Weg!

AGTER DIE SKERMS

Weg se kartograaf, François Haasbroek, het deur Botswana se Moremi-wildreserv­aat en Chobenasio­nale park gereis. Lees die 13 dae lange toerplan van Maun na Kasane op bl. 28 en toer saam!

-

Saam met wie het jy gereis? Bhejane 4x4 Adventures bied volgende jaar ’n toer aan deur die Moremi-wildreserv­aat en Chobe- nasionale park in samewerkin­g met Swampland Safaris.

Ek het saam met die gidse Douwe Vlok en Phil van Wyk ’n reccetoer gedoen om te kyk hoe die kampplekke en paaie lyk.

Wat is jou gunsteling­kampplek? Hier’s g’n tekort aan puik kampplekke langs die roete nie. Xaxanaxa en Savuti is van die bekendste en mooiste kampplekke in Suider-Afrika.

In Botswana kan ’n mens nie enige plek in die veld jou tent opslaan nie. Op die toer het ons kamp gemaak langs die Khwairivie­r – daar was níks. Swampland Safaris bou tans ’n behoorlike kampplek hier. Louis Milne, die eienaar, hoop dinge is gereed wanneer die landsgrens­e weer oop is. Hou

swampland-safari.com dop.

Watter van die 4x4-paaie was die grootste uitdaging? Van die begin van die toer af was Phil vasberade om die Savutigren­spad te ry. Daar is nie veel te sien nie, maar dit klink koel om langs die kampvuur te kan sê jy het dié rowwe pad gery.

Die pad loop suid van Linyanti in ’n reguit lyn vir byna

100 km. By Linyanti het die hekwagte ons aangeraai om eerder ’n ander pad te ry. Die grenspad is sanderig en daar is nie veel te sien nie. Daar kom waarskynli­k elke vyf dae ’n voertuig verby, het hulle gewaarsku. Phil het egter vertroue in sy Cruiser gehad.

Wat raai jy aan? Ry eerder via die Savuti-ruskamp... ná vier uur se gesukkel deur die sand het elke grondpad so glad soos ’n waterwurm gevoel.

Wat pak jy áltyd in? ’n Paar luisterboe­ke (Andy Weir se The Martian en Stephen King se 11.22.63 was op my iPhone), ’n banddrukme­ter en ’n Leatherman. En Weg se Botswana-kaart!

Waarheen gaan jy volgende? Weer Botswana! Covid-19 het hierdie jaar se Botswana-toer kortgeknip. Volgende jaar wil ek ’n Trans-Okavango-toer aanpak. Ek wil op die dorpie Sepupa op ’n boot klim en deur die delta vaar tot op Maun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa