WegSleep Kampgids

MAG EK TREINTJIE-TREINTJIE SPEEL?

-

Dit is nie onwettig om ’n sleepwa agter jou woonwa te haak nie. Die wet is egter verwoord om voorsienin­g te maak vir vragmotors en trekkers wat meer as een sleepwa sleep. Wanneer jy die regulasies ten opsigte van rybewyse, die bruto kombinasie­gewig en die remstelsel van die sleepkombi­nasie in ag neem, raak dit tegnies baie moeilik om so ’n treintjie wettig te bestuur.

Om, sê maar, ’n Jurgens Penta én ’n Venter-sleepwa saam te sleep geld die volgende vereistes:

Sleepvoert­uig:

Die tarra van die sleepvoert­uig moet meer as 2 ton wees. (’n Land Cruiser kwalifisee­r, maar nie die Nissan Champ wat jy by jou oupa geërf het nie.)

Rybewys:

Jy moet ’n EC1-rybewys hê (of dan ’n kode 14 wat voor 1998 uitgereik is.)

Sleepwa:

Die Ventertjie agter die woonwa sal ook met spesiale remme toegerus moet word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa