WegSleep Kampgids

4 RAAK GOU TEGNIES

-

Moet ’n sleepding weerkaatse­rs hê? Indien wel, moet daar twee wees of sewe? Waar kom die geel lint? Hier’s die antwoorde op al jou vrae.

DIE REMME

’n Sleepwa wat minder as 750 kg weeg as hy volgelaai is, hoef nie remme te hê nie, maar as die BVM tussen 750 kg en 3 500 kg is, gaan jou wa inloopremm­e ook moet hê.

Dit beteken daardie Ventertjie waarmee jy Saterdae die tuinvullis wegry, hoef nie sy eie remme te hê nie, maar jou woonwa of boswa moet inloopremm­e hê. Wanneer die sleepding meer as 3,5 ton weeg, moet hy diensremme hê.

En as jy dan nou jou skiboot of Venterwaen­tjie agter die woonwa móét haak (ons beveel dit vir niemand aan nie), en die twee sleepgoed weeg saam meer as 3,5 ton, moet die sleepwa én woonwa diensremme hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa