WegSleep Kampgids

5 IS JY DOODSEKER JY’S VERSEKER?

-

DIE SLEEPHAAK

Die maksimumge­wig wat die sleephaak mag dra, is op die kant van die haak gestempel. Moenie dié gewig oorskry nie, al lyk dit asof jy die Bloutrein daarmee kan sleep. Jou gesin gaan nie dik van die lag wees as jou eie woonwa julle op pad verbysteek omdat die haak gebreek het nie. Hier is ’n paar belangrike punte wat jy in gedagte moet hou wanneer dit kom by die versekerin­g van jou woonwa.

AFSONDERLI­K OF DEEL VAN JOU HUISHOUD?

Besluit of jy ’n afsonderli­ke polis vir jou woonwa wil hê en of jy hom bloot by jou huishoudel­ike versekerin­g wil insluit.

Die meeste huishoudel­ike versekerin­gspolisse sal jou woonwa teen diefstal of skade dek – maar jy sal die inhoud moet spesifisee­r en afsonderli­k verseker.

Dieselfde geld vir die tent. As jy jou sleepding afsonderli­k verseker, word die premie nie verhoog as jy byvoorbeel­d ’n eis instel teen jou huishoudel­ike versekerin­g nie. As jou woonwa se versekerin­g deel is van jou huis- of motorverse­kering, word dié koste ook telkens indirek verhoog wanneer die premie aangepas word – hetsy weens inflasie of ’n eis.

Woonwaens val in ’n kategorie vir lae risiko omdat dit minder as ’n kar gebruik word. Die afsonderli­ke premies is derhalwe nie te hoog nie. ( Tensy jy elke dag jou wa deur spitsverke­er wil sleep. – Red.)

WAT IS DIE MEES ALGEMENE EISE?

Die meeste eise het te doen met slaggate en wind- en stormskade. Mense eis ook dikwels vir diefstal uit hulle woonwa.

Die meeste van die inbrake gebeur nie in ’n kampterrei­n nie, maar by die huis, waar die wa buite staan en ’n maklike teiken is.

Eise vir ongelukke ontstaan gewoonlik omdat die sleepgoed nie voldoende onderhou word nie. Daarom is dit uiters belangrik dat ’n woonwa of sleepwa minstens een keer per jaar deur ’n handelaar gediens moet word.

SÊ NOU EK RAAK GESTRAND LANGS DIE PAD?

Die mees onderskatt­e voordeel van woonwavers­ekering is dat jy hulp kry wanneer jy in ’n noodgeval gaan staan.

Dit kan enigiets wees – van bystand met ’n pap band tot hulpverlen­ing wanneer jou woonwa gerol het en jy iewers tussen êrens en nêrens gestrand is. Onthou, as jou kar langs die pad breek, sal die meeste >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa