WegSleep Kampgids

!$@#!

-

Waarom regs? In die meeste lande ter wêreld bestuur mense aan die regterkant van die pad. Dit dateer glo uit die tyd van perdekarre in Amerika, toe vragperdek­arre wat met ’n paar spanne perde getrek is, nie plek vir die bestuurder op die wa gehad het nie. Die stuurman het op die heel agterste perd links gesit met ’n sweep in die regterhand.

Om die aankomende waens beter te kan sien moes hulle links van hom hou, en daarom moes hy aan die regterkant van die pad bestuur. Waarom links? Die Britte het antieke koetsspore van die Romeine ontdek wat daarop dui dat dié ouens toe al links op die pad gehou het. Die vermoede is ruiters het links op die pad gehou omdat die meeste van hulle regshandig was. Hulle kon dus die leisels in die linkerhand vashou en die regterhand gebruik om aankomende ruiters te groet of ’n swaard vas te hou as daar moeilikhei­d is. ( Of om kru tekens te wys vir ander koetsiers wat die padreëls verontagsa­am. – Red.)

In lande soos Suid-Afrika, Australië en Indië, wat voorheen Britse kolonies was, bestuur mense steeds aan die linkerkant van die pad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa