WegSleep Kampgids

HOU NET KOERS..6 .

-

Onthou jy die dae toe jy met net ’n padkaart die langpad na die kampplek gevat het? Wel daardie dae is verby – mits jy weet hoe om jou GPS te gebruik. Twee dekades gelede was dit hoofsaakli­k weermagte, vlieëniers en seevaarder­s wat die Global Positionin­g System – of dan satellietn­avigasie – gebruik het om hulle weg te vind. Met die koms van GPS vir algemene gebruik, internetge­reedskap soos Google Maps, en slimfone het dié prentjie verander.

As jy ’n paar basiese dinge reg doen, hoef jy nooit weer die pad byster te raak en in die donker tent op te slaan nie, sê Johann Groenewald van Tracks4Afr­ica op Stellenbos­ch.

JY KÁN SONDER GPS

Omdat die meeste slimfone vandag met Google Maps toegerus is, is ’n GPS nie regtig nodig vir die kampeerder wat net in die land wil rondry nie, sê Johann.

“In die stad ry ek self met Google. En as ek buite die land ry en nie my selfoon se datapakket wil uitput nie, gebruik ek ons GPSkaarte. Ek wil amper vir ouens aanbeveel om op Google Maps te bly as hulle net tussen dorpe in die land wil ry. Dit werk – selfs vir van die grondpaaie. Een van die groot besware teen Google is dat die rytye nie altyd akkuraat is nie, maar as jy op die hoofweë en sekondêre paaie bly, is dit nie ver van die kol af nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa