WegSleep Kampgids

WISSEL EGALIG

-

Jy hoef nie ’n meganiese ingenieur te wees om te weet jy moet so egalig as moontlik deur die ratte gaan om by jou uiteindeli­ke ryspoed uit te kom nie. Onthou, Lewis Hamilton se brandstof word geborg. Om soos hy te ry maak dalk van jou

’n goeie bestuurder, maar dit gaan nie baie ekonomies wees nie.

Dis dus belangrik om te weet teen watter toere jy van rat moet verander voor jy die ratkas beskadig. Dis hier waar jou huiswerk ter sprake kom.

Neem byvoorbeel­d ’n dieselenji­n waarvan die optimale wringkragl­ewering argumentso­nthalwe by 1 900 r.p.m. lê. Die boonste 20% van die wringkragk­urwe val derhalwe tussen 1 520 r.p.m. en 2 280 r.p.m. Jy moet dus die ratkierie wikkel om die toere binne hierdie spektrum te hou.

Wanneer die toere tot by 1 520 r.p.m. val, is dit tyd om af te rat, en wanneer hulle 2 280 r.p.m. bereik, moet jy na ’n hoër rat oorskakel. Só hou jy aan tot jy jou gekose spoed bereik, ongeag in watter rat jy is.

Punt in die wind.

As jy sleep, mik om jou kar se toere in die boonste 20% van sy wringkragk­urwe te hou, in dié geval tussen 1 520 r.p.m. en 2 280 r.p.m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa