6 KAN JY SLEEP ÉN ‘SIDE-STEP’?

WegSleep Kampgids - - OP DIE OOPPAD -

Hoe ge­maak as daai koe­doe stok­styf staan, on­ge­ag hoe hard jy an­kers gooi en toet? Óf jy gaan hom tref óf jy sal moet uit­swaai. Ons al­mal weet se­ker da­rem hoe sta­di­ger jy ry, hoe be­ter kan jy jou sleep­kom­bi­na­sie be­heer, maar Fran­cois en Marèt wys met ’n paar slim be­re­ke­nin­ge hoe ’n sta­di­ger sleep­spoed ’n waar­neem­ba­re ver­skil maak wan­neer ’n be­stuur­der skie­lik sy sleep­kom­bi­na­sie se spoed moet ver­an­der en uit­swaai.

Vir die doel van die oe­fe­ning ge­bruik ons ’n dub­bel­ka­juit­bak­kie met ’n tar­ra van 1 900 kg, ba­ga­sie van 200 kg, twee in­sit­ten­des van 100 kg elk, en ’n half­vol brand­stof­tenk van 40 kg (dus al­te­sa­me 2 340 kg): In die eer­ste toets haak ons ’n sleep­wa­en­tjie son­der in­loop­rem­me en met ’n tar­ra van 360 kg en ba­ga­sie van 390 kg (dus al­te­sa­me 750 kg).

As dié sleep­kom­bi­na­sie teen 120 km/h op ‘n ge­lyk pad ry en skie­lik moet rem, sal dit 5,3 s ( jou re­ak­sie­tyd is in­ge­re­ken) neem om oor ‘n af­stand van 101 m tot stil­stand te kom. Teen 90 km/h sou dit 4,2 s ge­duur het om oor ‘n aan­sien­lik kor­ter af­stand van 62 m tot stil­stand te kom.

Nou haak ons aan die­self­de dub­bel­ka­juit­bak­kie ’n woon­wa met ’n tar­ra van 1 120 kg en 100 kg ba­ga­sie bin­ne-in (dus al­te­sa­me 1 220 kg). In dié ge­val moet die wa in­loop­rem­me hê.

Selfs al is dié kom­bi­na­sie veel swaar­der, maak die in­loop­rem­me hul­le stem dik. Teen 120 km/h kom die kom­bi­na­sie bin­ne 4,2 s oor ‘n af­stand van 83 m tot stil­stand. Teen 90 km/h staan die bak­kie en wa na 3,3 s en 52 m dood­stil.

’N VIN­NI­GE PYPKAN­BE­WE­GING?

Jy dink dalk jy sal in ‘n nood­ge­val kán rem. Maar wat ge­beur wan­neer jy boon­op skie­lik vir iets voor jou in die pad moet uit­swaai? Hoe mak­lik kan jou sleep­kom­bi­na­sie dan oor die pad gly – of, er­ger nog, rol?

“Die sta­bi­li­teit van ’n voer­tuig hang af van ver­skeie fak­to­re, maar die be­lang­rik­ste hier­van is die ver­hou­ding tus­sen die breed­te van die voer­tuig se spoor­wyd­te en die hoog­te van die voer­tuig se swaar­te­punt bo die grond,” sê Fran­cois. “Die swaar­te­punt is dié punt waar ’n mens kan aan­vaar al die ge­wig van die voer­tuig ge­sen­treer is. Hier­die punt se po­si­sie hang na­tuur­lik af van die voer­tuig se ont­werp en ook hoe jy ba­ga­sie daar­in laai. So by­voor­beeld skuif die swaar­te­punt van ’n mo­tor met ’n dak­rak vol swaar ba­ga­sie op­waarts.

“’n Voer­tuig se S­ta­tie­se S­ta­bi­li­teits­fak­tor (SSF) is ’n aan­dui­ding van sy weer­stand om te rol. Dit word be­re­ken deur die breed­te van die spoor­wyd­te deur dub­bel die hoog­te van die swaar­te­punt te deel. Hoe gro­ter dié waar­de, hoe sta­bie­ler die voer­tuig.

“’n Ti­pie­se se­dan het ’n SSF van on­ge­veer 1,4, ter­wyl ’n sport­nuts­voer­tuig s’n so­wat 1,17 is en ’n bak­kie s’n 1,18,” ver­dui­de­lik hy. “Die SSF dien as ’n rig­lyn vir ’n voer­tuig se ge­neigd­heid om om te rol wan­neer dit >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.