WegSleep Kampgids

SCENARIO 2 – ’N NOODSTOP TEEN ’N AFDRAANDE

-

Wanneer jy die kruin van ’n bergpas oorgesteek het, is dit raadsaam om na ’n laer rat oor te skakel vir die afdraande wat volg. Nie net keer dit jou outomaties om te jaag nie, maar jy hoef ook nie so skerp rem te trap om die sleepkombi­nasie te beheer nie.

Dié berekening­e is gemaak met die aanname dat die wa mooi in lyn agter die bakkie bly en nié begin swaai nie. Maar teen sulke hoë snelhede kan die wa maklik omslaan, veral as die bakkie se wiele per As die bakkie en woonwa teen 120 km/h teen ’n bergpas met ’n 20%-helling (11,3°) afgejaag kom, sal dit 8,4 s en 153 m neem om die kombinasie tot stilstand te bring. Indien die wiele boonop gly, vermeerder die tyd en afstand tot 13,5 s en 238 m. Teen 90 km/h neem dit 6,5 s om die bakkie en sy wa tot stilstand te bring, maar die afstand krimp tot sowat 90 m. Met wiele wat gly, sal dit sowat 140 m en 10,3 s neem om te stop. ongeluk die rand van die teer tref, of as jy midde-in die remtrapper­y om ’n draai moet gaan.

Dink nou hoe die prentjie sou lyk as jy die bakkie boonop in die donker gesleep het, met die hoofligte wat gedomp is en net 45 m vorentoe in die pad skyn – veral as jy in gedagte hou dat die bestuurder teen 120 km/h reeds 26,6 m beweeg in die 0,8 s dat hy net op die noodsituas­ie reageer, nog voordat hy begin rem trap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa