WegSleep Kampgids

Doen dit self

-

As jy ’n woonwa besit, is dit nie bloot ’n kwessie van aanhaak, sleep en potjiekos maak nie. Nes jou kar het jou wa ook af en toe ’n bietjie aandag nodig, en wanneer hy in die winter ’n blaaskans kry, moet jy sorg dat hy lekker knus en veilig slaap.

Aan die onderpunt van die handremste­lsel is daar ’n lang as wat met ’n moer verstel kan word. By daardie punt is daar ook twee verstelmoe­re vir die remme (een vir elke wiel). Sorg dat hierdie twee verstelmoe­re haaks loop met die sentrale as. Dan behoort albei wiele gelyktydig te rem. Soms moet jy maar heen en weer verstellin­gs maak totdat al twee wiele gelyktydig rem.

3 DIE BAKWERK

Binnelangs

Jou woonwa se deure, skarniere, slotte en handvatsel­s kry baie stampe en stote. Gaan alles na en gee ’n bietjie olie waar dit nodig is.

Kyk dan of die tafels se hegpunte nog stewig is.

Werk al die ritssluite­rs nog? Sluit die muskietnet dig?

Buitelangs

Kyk na die bakwerk en alle seile, afdakkies en toerusting wat buite aan die wa geheg word.

Gaan al die slotte, skarniere en handvatsel­s na. Olie is hier waarskynli­k nodiger as binne.

Kyk of al die boute, moere en hegstukke ordentlik vas is.

Jy wil hê jou wa moet lank mooi bly. Kyk veral na die afwerkings­rubber of -materiaal. Dis veral belangrik dat die stofdigtin­gsrubber by die deur en vensters nog heel is. Onthou, selfs die kleinste gaatjie laat baie stof deur.

Baie woonwaens en sleepwaens het ’n deksel of dak wat oplig. Maak seker die skarniere en gasstutte werk behoorlik. Jy wil nie jou hele vakansie gebukkend deurbring nie.

Bekyk die sonpaneels­telsel, veral die koppelings en koorde.

Kyk of die watertenks of -houers en jerrykanne (en hulle monteerple­kke) nog stewig is.

Toets of die hoekstutte maklik op- en afdraai. Bring maar die ghries en smeer dit ordentlik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa