WegSleep Kampgids

JOU KOPPELSTUK

-

As jou koppelstuk se tong los is, los jy jou wa dalk oor die naaste hobbel. Maak seker hy is altyd in ’n goeie toestand.

Kyk of die sok nog koppel. Gaan die koppelsok wat jou wa aan die trekstang koppel, deeglik na.

Kyk eers binne om te sien of die tong nog heel is, so nie sal jy die hele koppelstuk moet vervang. Die tong is belangrik, want dit sluit die koppelstuk aan die bol van die trekstang. (Dit kan nogal ’n verleenthe­id wees as jy op Margate agterkom jou woonwa staan nog in Benoni. – Red.)

Die koppelstuk het ’n stang en ’n skokdemper. As die stang heeltemal teruggedru­k is, behoort die demper die stang weer heeltemal uit te stoot. Indien nie, vervang die demper.

Ghries die stang (daar is gewoonlik twee ghriespunt­e).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa