WegSleep Kampgids

STAP OM DIE WA EN KYK...

-

1 Laai dit.

’n Battery is duur en moet behoorlik onderhou word. Laai joune gereeld en hou dit gelaai, selfs in die winter of oor ander tye wanneer jy nie jou woonwa gebruik nie. ’n Battery moet verkieslik een keer per maand vir 24-48 uur laai.

2 Toets dit.

Terwyl jy met die battery besig is, toets sommer ook die yskas, ligte en al die ander elektriese toestelle in jou woonwa. As die battery te min skop het, wag eers tot hy klaar gelaai is en toets dinge dan weer.

3 Beheer die krag.

Gaan die kragbeheer­stelsel na en kyk of dit behoorlik werk en in staat is om die batterye te herlaai. Toets al die skakelaars. As die ligte nie werk nie, is daar ’n probleem met die gloeilamp, die bedrading of konneksies. Kyk ook of die binne- en buiteligte werk.

4 Nog ’n toets.

Toets die ys-vrieskas met 220 V, 12 V en met gas, veral as dit vir lank nie gebruik is nie.

Dalk het die yskas se gas uitgelek en moet jy die silinder laat hervul.

5 Vrou, ek ruik gas.

Kyk by al die gaspype en -verbinding­s of daar tekens van verwering is.

6 Aarde toe.

Baie kragbeheer­stelsels het nie ’n aardlekkas­ieskakelaa­r nie, veral vir 220 V. Ons stel voor jy laat so ’n eenheid installeer, want jy gaan nogal omgekrap wees as ’n stotterend­e kragstroom jou nuwe yskas die gees laat gee – en dít net omdat jy nie so ’n skakelaar het nie. Jy kry gewoonlik verhoogde kragstrome (of spikes) by plekke waar daar ’n wisselvall­ige stroom is, of as jy ’n kragopwekk­er gebruik.

(Of van party kernkragse­ntrales, soos Koeberg, byvoorbeel­d. – Red.) Voorsorg is beter as nasorg.

Maak seker die aardlekkas­ie werk behoorlik.

7 Spring onder die stort.

Gaan die stortstels­el en die krane na, en toets dat dit behoorlik werk. Toets ook of die geiser behoorlik werk.

8 Langafstan­d-krag.

Gaan kragproppe en verlengkoo­rde na vir enige moontlike skade.

9 Waar’s die water?

Maak seker die waterpomp werk. Draai die krane oop en kyk of die water vloei. Kyk of daar lekplekke is by die pomp, krane of pype.

10 Hy werk, hy werk nie...

Kyk of daar enige barste of krake in die flikker- en remligte se lens is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa