WegSleep Kampgids

3 HOU ALLES IN DIE HAAK

-

Net soos jou ryding moet jou woonwa ook gereeld versien word, al sit jy nou nie elke dag met hom in die spitsverke­er nie. En dis dinge wat jy sommer self kan doen. Elke motoreiena­ar ken die dril, want dit moet elke 10 000 km of 20 000 km gebeur (vir party gelukkige ouens is dit net elke 30 000 km): Eers moet jy jou baas bel en verskoning maak omdat jy laat op kantoor gaan wees.

Dan moet jy iemand vra om jou by die motorhawe te kom oplaai en werk toe te neem. Dan moet die einste vriend of familielid jou weer by die werk oplaai, sodat jy jou kar kan gaan haal. En dan moet jy jou hand diep in jou sak steek vir iets wat jy self kon gedoen het as jy net die tyd en geduld gehad het.

Ja, ons praat van ’n diens.

KEN JOU VYAND

Dinge verloop gladder as ’n mens die instruksie­s lees. Voor jy begin skroewe losdraai en jou wa jou met jou volgende vakansie halfpad deur die Du Toitskloof­pas verbysteek, maak seker jy weet hoe dinge inmekaar steek. En begin sommer heel voor by die kop van jou wa.

SÓ MAAK ’N MENS

(sien skets op bl. 59)

Skroef die bout 2 los en trek dit uit.

Lig nou die handvatsel 3 op en haal dit af. Trek die staaf 15 onder die handvatsel uit.

Smeer ’n bietjie ghries daaraan.

Glip die staaf terug op sy plek.

Skroef die handvatsel weer vas. Die sleepstang-seties

Die rubberkous 5 beskerm die stangstaaf 4 teen stof. Soos jy wegtrek en stop, beweeg die staaf vorentoe en agtertoe, en die rubberkous werk as ’t ware soos ’n konsertina. Die eerste teken van verweer is fyn krakies op die riwwe van die kous.

SÓ MAAK ’N MENS

BY DIE OORGLIPSTA­NGKOP

Skroef die twee boute langs die rubberkous los. Trek die kop vorentoe en haal dit heeltemal af.

Glip die stukkende kous af.

Druk die nuwe kous oor.

Skroef die kop weer op sy plek vas. BY DIE GEGOTE KOP

Skroef die hele koppelblok selboom af los.

Skroef die skokbreker­tjie 10 se voorste bout 12 los. Jy moet dit van onder die hegstuk 11 vir die skokbreker af benader om by te kom. Skroef nou die boutjie 7 los wat parallel loop aan die staaf (tussen die skokbreker­tjie en die staaf) sodat jy die agterste stel halfmaanwa­ssers 9 van daar af kan bykom. Haal nou die agterste halfmaanwa­ssers uit. Tik dan die hele koppelblok 6 met ’n hamer sodat dit ongeveer 2,5 cm in die wa se rigting skuif.

Haal die voorste halfmaanwa­ssers

Trek die staaf nou heeltemal uit.

Glip die stukkende rubber af en sit die nuwe een in sy plek. 6 van die dis- 13 uit. Druk die staaf terug deur die gat in die koppelblok 6 , deur die rubberwass­er 8 en laastens die hegstuk 11 vir die skokbreker. Pas die voorste halfmaanwa­ssers 13 weer terug op hulle plek.

Skuif die koppelblok 6 weer vorentoe.

Pas die agterste halfmaanwa­ssers 9 terug op hulle plek.

Skroef die oorblywend­e boute weer vas sodat die skokbreker 10 en koppelblok 6 op hulle plek is.

‘GREASE FOR PEACE’

Die staaf gly deur twee ronde openinge in die glyblok, en dié twee openinge moet ordentlik gesmeer bly. As hulle begin aanpak of roes, kan dit uiteindeli­k jou wa se remvermoë in die wiele ry.

SÓ MAAK ’N MENS

Maak seker die wa se handrem is af voor jy begin.

Druk die staaf agtertoe.

Kyk of jy smeermidde­l op die agterkant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa