WegSleep Kampgids

4 DIENS SÓ JOU REMSKOENE

-

Jou woonwa se remskoene is net so belangrik soos dié van jou sleepvoert­uig. Daarom is dit belangrik dat jy dit gereeld nagaan – en nee, dit gaan jou nie ’n dag lank besig hou nie. As ’n reël hou ’n woonwa se remskoene omtrent ’n ewigheid, maar dit beteken nie jy kan net aanhou sleep en glo die remme werk nog behoorlik nie. Die woonwa se remskoene hoef dalk nie so dikwels soos jou kar s’n te werk nie, maar wanneer jy hulle wel nodig het, is dit noodsaakli­k dat hulle rég werk.

As jy byvoorbeel­d ’n gemiddelde woonwa met ’n BVM van 1 200 kg teen 100 km/h sleep, het dié wa ’n ekwivalent­e massa van meer as 300 ton wat teen jou motor druk as jy teen iets solieds sou vasry en dadelik tot stilstand kom, sê prof. Francois Smit van die Universite­it van Stellenbos­ch se Afdeling Toegepaste Wiskunde.

Dit gaan hier egter nie net oor wiskunde nie. Die massa wat jy sleep, het ’n groot invloed op die remvermoë van jou sleepvoert­uig. Gestel byvoorbeel­d jy rem egalig om met dié vrag binne vyf sekondes te probeer stop, dan is die druk van agter steeds ongeveer 700 kg meer as bloot net die massa van die wa. As jy dus skielik teen dié spoed moet stop en die wa se remme is afgeloop of nie reg gestel nie, moet jou sleepvoert­uig se remme daardie ekstra gewiglas behartig – en dis dan dat sake lelik kan skeef loop. Knyp eerder tien minute af en gaan jou wa se remskoene na.

LET OP IN DIE KLAS

Diens jou wa se remme minstens een keer per jaar. As jy nie dikwels gaan kamp nie, sal elke 18 maande deug. Dis nie moeilik om self die remskoene na te gaan nie. Afgeloopte woonwaremm­e maak nie so “grrrgrrr” soos dié van jou kar s’n wat gedaan is nie – jy word dus nie gewaarsku nie. Al is jou wa onlangs gediens, sorg dit vir gemoedsrus as jy die remme self nagaan voor ’n lang vakansie. As jy dit moet vervang, gaan selfs iemand met 10 duime nie te veel sukkel nie.

OPERASIE REMME Groet die wiel.

Diens eers die een wiel en daarna die ander een. Maak seker die wa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa