WegSleep Kampgids

MAAK OOP EN TOE

-

Om die woonwa se opwipdak te laat oop staan, het wel sy voordele, sê Johannes. “Lig hom maar. Dit voel vir my die wa kry dan lug. Die bietjie stof wat inkom, kan jy skoonmaak.

“Dit gebeur dikwels dat mense die dak laat toe staan, maar hulle het dalk die dakseiltji­e op plekke nie mooi onder die opwipdak ingedruk nie en dan kan die dakrubber nie mooi seël nie. As jy dan jou dak weer oopmaak, sit jy met watermerke en skade aan die seil.

“Water wat in gleufies vasgekeer lê, kan die gasstutarm­pies daar in die toe dak laat roes.

“Jou vensters hou jy toe. Die yskas kan maar bly loop. Dit keer dat die pypies roes. Anders móét jy die yskas behoorlik skoon- en droogmaak en die deur móét oop staan.

 ??  ?? LIG HOM MAAR. Dit is beter om die opwipdak oop te laat staan as jy jou wa bêre, maar die vensters moet toe bly, sê die Kaapse woonwadokt­er Johannes Knipe.
LIG HOM MAAR. Dit is beter om die opwipdak oop te laat staan as jy jou wa bêre, maar die vensters moet toe bly, sê die Kaapse woonwadokt­er Johannes Knipe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa