WegSleep Kampgids

6 VERVANG SELF ’N VENSTER

-

Net soos by die huis waar jy (of Boeta) moet grassny of ’n lekkende kraan vervang, is dit van tyd tot tyd nodig om ’n bietjie instandhou­ding aan jou wa te doen. Party slepers deins nie daarvoor terug om self hulle wa se wiellaers na te gaan of selfs die koppelstuk te diens nie, maar party takies is selfs makliker as dit – soos om ’n gekraakte of stukkende venster te vervang. Jou woonwa se Perspex-vensters kan bloot weens verwering begin kraak – veral by die knippe wat daarin vasgeskroe­f is.

Hier is ’n stap vir stap metode om ’n wavenster te vervang. Dis só maklik – enigiemand wat ’n boor kan vashou en ’n skroewedra­aier gebruik, kan dit doen.

STAP 1 Haal af

Die vensters aan jou wa wat kan oopmaak, skarnier aan twee gevormde aluminiums­troke wat aan die bokant van die venster loop. Die een strook is aan die wa vas en die ander een aan die venster.

Die venster se strook gly in die een teen die wa op min of meer dieselfde manier as wat jou tent in daai groefie aan die rand van jou wa inryg, maar met genoeg speling sodat dit kan beweeg wanneer jy die venster oopmaak.

Om te sorg dat die venster nie rondskuif nie is daar ’n klinknael aan weerskante van die strook.

die klinknael aan die kant waar jy die ruit wil uitskuif.

die twee stutarms (wat die ruit oophou wanneer jy dit oopswaai) los en tel die ruit op sover as wat jy kan.

die venster uit terwyl jy dit opgetel hou, in die rigting van waar jy die klinknael verwyder het.

1 Verwyder 2 Skroef 3 Skuif STAP 2

En die laaste bietjie 1 Sit

die ruit op ’n plat oppervlak – verkieslik oorgetrek met materiaal sodat jy nie die nuwe ruit beskadig wanneer jy daaraan werk nie.

die skroefies van die vensterkni­ppe uit die ou ruit. Die knip het ’n deel elk aan weerskante van die ruit waardeur die skroefies draai en ’n rubberseël aan albei kante om te sorg dat daar nie water lek nie. As dit beskadig is, kan jy by enige goeie kampwinkel nuwes koop.

2 Draai

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa