WegSleep Kampgids

STOP JY HOUTVRO9 T

-

SÓ As jou woonwa houtvrot kry, is die ashoop nie noodwendig sy voorland nie – dit kán herstel word. Klein plekkies kan jy self regmaak, maar as die houtvrot oor ’n te groot deel versprei het, moet jy profession­ele hulp inroep.

Die probleem begin gewoonlik by lasplekke. In die meeste gevalle is dit water wat inlek, veral by die rubberseël­s en aluminiums­troke op jou wa se dak en om die vensters.

Weens die son, wind en weer word die rubber mettertyd harder en seël dit naderhand nie meer dig nie. Water en vog kan nou deursypel. Die skroewe onder die seëls begin roes, wat ’n bietjie ruimte skep sodat water en vog kan insypel na die woonwa se raam en panele. Handvatsel­s is ook ’n plek waar vog deurkom, veral as die plastiek later begin verweer.

Onthou, die buitenste skil van jou woonwa is van aluminium en die binneste skil van laaghout met ’n plastiekla­gie daaroor. Die dop van die woonwa is dus waterdig, en as die nattigheid eers in is, bly dit in die hout. En hoe meer die hout vrot, hoe makliker sypel water in en hoe verder versprei die vrot.

IS DIT ’N FAMILIEKWA­AL?

Die meeste plaaslike padwaens is vatbaar vir houtvrot. Party boswoonwav­ervaardige­rs gebruik so te sê geen hout in hulle waens nie, maar die oorgrote meerderhei­d waens op ons paaie word deels met planke gemaak. Selfs boswoonwae­ns se panele is soms van hout gemaak; en selfs al sien jy van buite af ’n aluminiuma­fwerking, kan die sypanele, dak en vloer binne steeds van hout wees.

WAT SÊ DIE DOKTER?

Daar’s ’n verskeiden­heid swamme wat houtvrot kan veroorsaak. Net soos die virus wat jou jongste op die speelterre­in by ’n maatjie gekry het wat sy immuunstel­sel afbreek, net so breek die swamme die organiese materiaal – die hout – in jou wa af.

Die swam het kos, water en suurstof nodig om te floreer. Die sellulose en lignien in die hout is sy kos, en as die water ver damp en die hout weer uitdroog, sal die swam ook die gees gee. Ongelukkig is die kans goed dat die swamspore al op ’n ander plek in jou wa vastrapple­k gekry het. Dan kan dié spore lê en wag totdat die omstandigh­ede weer reg is om moles te maak, al het die hout uitgedroog en dit dalk lyk asof jou probleme iets van die verlede is.

HOE HOU EK MY WA GESOND? Haal gereeld die aluminiums­troke af.

Smeer ’n seëlaar met ’n oliebasis – soos Powermasti­ck – daaronder. Verwyder die ou seëlaar met ’n skraper. Hardnekkig­e stukkies kan met ’n petrollapp­ie verwyder word.

As jy die seëlaar opsit, sorg dat die smeerlyn oor die skroefgaat­jies loop. Wanneer jy die stroke weer vasskroef, sal die drukking veroorsaak dat die seëlaar eweredig onder die strook versprei.

Die skroewe onder die rubberseël­s behoort elke twee jaar vervang te word. Jy sal verbaas wees watter skade vog aan skroewe kan aanrig. Skroewe van koper of vlekvrye staal sal langer hou.

Die rubberstro­ke kan ook elke twee jaar vervang word.

Jy kan gaatjies in die aluminiums­trook aan die onderkant van die deur boor sodat water wat insypel, weer kan uitsyfer.

Smeer die gaatjies. Vervang die skroewe. Nuwe rubbers. Maak dreinering­sgaatjies. EN HOE WEET EK HY’S SIEK? Hou jou diensboeki­e vol.

Laat diens jou woonwa een keer per jaar en vra dan sommer dat hulle soek vir vog in die panele.

Ondersoek die laste bo-op die dak by die aluminiums­troke, en die dele rondom die vensters – veral bolangs – eerste.

’n Onegalige afwerking binne-in die wa teen van die houtpanele is die eerste gevaarligt­e – dis amper asof die hout begin “kreukel”.

Die kans is egter goed dat jy houtvrot nie sommer met die blote oog sal sien nie en daarvoor sal moet voel. Begin binne-in die wa aan die een kant en druk plek-plek hard met jou duim teen die panele om te voel of jy “sagter” plekke raakdruk wat ’n teken van houtvrot kan wees.

As jy jou wa wil laat toets met ’n vogmeter, kan jy inloer by jou naaste Jurgens Ci-handelaar. So ’n vogtoets duur ongeveer ’n halfuur. Hulle doen die metings binne-in die wa teen die panele. As die metertjie groen wys, is alles nog voor die

Kyk hier. Oppas vir plooie... ... en selluliet. Kry ’n koorspen.

wind. As die liggie oranje is, is daar tekens dat die hout water trek. Maar as die rooi liggie brand, het jou wa waarskynli­k houtvrot onder lede.

SÓ DOKTER JY HOM SELF Sny die vrot uit.

Gebruik ’n matmes en sny die vrot deel uit. Dit sal waarskynli­k nodig wees om die polistiree­n skoon te skraap waar die paneel daaraan vasgegom was.

Kry ’n stuk paneel soortgelyk aan die binnepanee­l van jou woonwa by jou woonwawink­el (panele vir woonwaens van voor 1988 is so skaars soos hoendertan­de). Sny dit volgens die grootte van die vrot stuk wat jy uitgesny het.

Gebruik houtgom (en paneelspyk­ers, indien nodig).

Kry ’n nuwe paneel. Gom dit vas. Vul die las met silikoon.

Maak dit netjies of gebruik ’n glystrook. As ’n deel van jou woonwa se raam vervang moet word, sny die aangetaste deel heeltemal uit. Vervang dit met ’n nuwe stuk hout en spalk dit.

EN AS EK DIE CHIRURG SE HULP WIL INROEP?

As jy verkies om jou wa na ’n werkswinke­l te vat, hoef houtvrotsk­ade jou ook nie noodwendig ’n nuwe wa se geld uit die sak te jaag nie.

Gemiddelde herstelkos­te vir matige skade kan enigiets van R6 000 tot R8 000 beloop, maar as jy jou Exclusive se indringers­wamme los om hulle tande behoorlik in te slaan, kan die herstelkos­te jou maklik

R40 000 uit die sak jaag.

Afhangende van hoe groot die skade is, kan die hersteltyd by

’n werkswinke­l enigiets van 3 weke tot 3 maande duur, maar die wagtyd sal ook daarvan afhang of vervanging­sonderdele beskikbaar is. WegSleep sê: Die kans is goed dat jy houtvrot nie sien of ruik voor dit te laat is nie. Maar met ’n vogmeter soos dié sal ’n handelaar gou kan sê hoe staan sake in jou wa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa