WegSleep Kampgids

KRAGTENS DIE REËLS...

-

Die nasionale riglyne vir standaarde in kampeerple­kke – SANS 10092:2004 – is iets wat groot debat ontlok. Kampplekke gaan harde bene kou om te voldoen aan party van die regulasies wat daarin uitgestipp­el word, maar die een aspek waaroor die meeste mense saamstem, is die kwessie van kragpunte.

Melanie van der Westhuizen, ’n leser van Kempton Park, vertel van ’n kragpunt by ’n bekende oord in die noorde van die land waar die Volt-lesing by hulle staanplek 420 V (pleks van 220 V) was. Hulle het die kragpunt gebruik... en hulle woonwa se drade gesmelt. Melanie-hulle kon wel tot ’n vergelyk kom met die oordeienaa­rs oor die skade, maar ’n kragpunt soos dié kan baie erger gevolge hê as ’n paar gebrande drade.

REG OF WEG

Ons het aangeklop by die Wes-Kaapse Owerheid vir Goedgekeur­de Elektriese Inspeksies ( WCAEIA) om te hoor wat die owerhede voorskryf as dit kom by elektrisit­eit in kampplekke. Die WCAEIA is geakkredit­eer om namens die departemen­t van arbeid inspeksies te doen van elektriese installasi­es. Oorde moet aan die voorgeskre­we nasionale standaarde (SANS 10142/1:2003) voldoen wat duidelik die kriteria en vereistes van onder meer kragpunte uiteensit.

Bo-oor, onderdeur en om

Volgens die voorskrift­e van die SANS 10142 van 2012 kan krag op twee maniere tot by jou staanplek aangelê word: Die oord kan ’n kabel ondergrond­s aanlê (mits dit minstens 50 cm onder die grond begrawe word) óf die kabel kan met oorhoofse kragpale aangelê word, amper soos telefoondr­ade in die uitgestrek­te Karoo. Die voorwaarde hiervoor is dat die kabel dan minstens 4 m bo die grond moet wees.

Wanneer die kabel onder die grond is, moet dit op só ’n manier gelê word dat dit óm die staanplekk­e loop en nie onderdeur die lappie grond waarop jy jou wa of tent gaan staanmaak nie. Dis om te keer dat iemand per abuis ’n lang tentpen in die kragkabel inkap.

Neem kennis, asseblief

By die kragpunt self moet ’n kennisgewi­ng wees wat die volgende aandui: die toevoer (in Volt); of dit wisselstro­om of direkte stroom is; die maksimum toelaatbar­e lading

(in ampère).

Dis nou genoeg!

Voorts bepaal die nasionale standaard dat elke kragpunt met sy eie stroombrek­er toegerus moet wees. Mense verwys vandag nog soms na byvoorbeel­d 15 A-stroombrek­ers, maar ’n mens kry hulle nie meer nie.

Deesdae is die standaard 16 A (stroombrek­ers is vandag beskikbaar in onder meer 6 A, 10 A, 16 A, 20 A, 25 A, ensovoorts). Die 16 A is ook toevallig dieselfde gradering as jou gewone driepuntpr­op by die huis. Maar dis nie noodwendig so dat jy 16 A by jou staanplek kan tap nie. Die oordeienaa­r kan self besluit hoeveel krag hy aan sy kampeerder­s wil voorsien.

In die praktyk beteken dit jou ysmaker, lugreëling en mikrogolfo­ond gaan dalk almal by Kamp A werk, maar by Kamp B gaan net jou ketel die krag laat uitskop.

Hou by blou

By kampplekke sien ’n mens oor die algemeen heelwat meer van die gewone driepuntso­kke (soos dié in jou huis) as die blou woonwasoor­t.

Tog, volgens die SANS-riglyn, is die blou proppe die voorgeskre­we norm. ’n Huishoudel­ike 16 A-sok is ook wettig, solank dit in ’n weerbestan­de boks gegroepeer is. Die boks moet dan ook waterdig wees wanneer jou wa ingeprop is.

Een vir jou en een vir my

Volgens die regulasies moet daar een kragpunt vir elke staanplek wees, en daar mag nie meer as ses van hulle bymekaar wees nie. Die krag wat van die verdelings­boks tot by die kragpunt kom, moet gekoppel wees aan ’n aardlekkas­ie-stroombrek­er van nie meer as 30 mA nie. Dit was voorheen 20 mA, en in die ideale wêreld moet oordeienaa­rs eerder ’n aardlekska­ke- laar op elke kragpunt monteer as net een per verdelings­bord.

Staan nader

Dit behoort nie vir jou nodig te wees om kilometers se verlengkoo­rd saam te ry nie. Die voorskrif bepaal ’n kragpunt mag nie verder as 25 m van jou woonwa af wees nie. Die sok waar jy jou woonwa se draad inprop, moet ook minstens 1 m bo die grond wees.

EN WAT VAN DAAI 400 V?

Afhangende van waar in die land die krag opgewek word, kan die aanvanklik­e stroom wissel van 32-132 kV. Namate dit deur hoogspanni­ngsdrade uiteindeli­k tot by die oord gelei word, verander die krag van 11 kV tot 400 V in die verdelings­bord. Van hier af kan dit tot by die kragpunt voorsien word in enkelfasek­rag (230 V) of driefasekr­ag (400 V). In die geval van Melanie se 420 V-lesing by die blou sok het hoogs onwaarskyn­lik enigiets met 400 Vdriefasek­rag te doen. Die amptelike driefasekr­agprop is rooi en het vier punte, teenoor die drie van enkelfase. Volgens Melanie het sy ná die tyd gehoor die spesifieke prop se drade was verkeerd gekoppel.

WANNEER VERANDER DINGE?

Weinig kan uit ’n wettige oogpunt aan oorde gedoen word wat tans nie aan die SANS 10142 voldoen nie, want dit is van krag op nuwe installasi­es. Alle nuwe oorde sal hieraan moet voldoen, asook oorde wat van eienaar verwissel, want ’n voldoening­sertifikaa­t – wat die huidige 10142-riglyn gebruik – moet vir die elektrisit­eit van die oord uitgereik word. WegSleep sê: As jy kan kies, hou eerder by die blou sok. Dit is veilig en voldoen aan die owerhede se standaarde.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? STROOMOP. Die 420 V-lesing op die sok by Melanie se staanplek is gans te hoog, as jy na die riglyne van die owerhede kyk.
STROOMOP. Die 420 V-lesing op die sok by Melanie se staanplek is gans te hoog, as jy na die riglyne van die owerhede kyk.
 ??  ?? WATERBESTA­ND? Elke kragboks moet waterbesta­nd wees, ongeag watter sok dit is.
WATERBESTA­ND? Elke kragboks moet waterbesta­nd wees, ongeag watter sok dit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa