WegSleep Kampgids

2 SKOTTELJON­S

-

Dis makliker as wat jy dink om jou DStv-skottel met die satelliet in die buitenste ruimte te laat gesels.

Satelliets­kottels is deesdae net so algemeen in die kampterrei­n soos kinders op driewielfi­etse. Net omdat jy onder jou stoeptent ontspan, beteken dit nie jy wil nie op die hoogte bly van die nuus, jou span of Boer soek ’n vrou nie. Moet jy egter ’n boffin met ’n graad in elektronie­se wetenskap wees om die besigheid self te laat werk? Nie noodwendig nie.

BEGIN BY DIE BEGIN

Jou basiese satelliets­kottelkamp­stel bestaan uit ’n skottel, ’n ogie (die mense in die bedryf noem hom ’n LNB – dit staan vir low-noise block downconver­ter), ’n kabel van 20 m, ’n korter kabel, ’n insteltoes­tel met ’n oorfoontji­e, ’n kompas en dan die skroewe en passtukke om hom staan te maak. Só ’n stel kos in die omgewing van R950 en is by die meeste kampwinkel­s beskikbaar – ook by plekke soos Ellies.

Dis nie moeilik om die besigheid aan mekaar te skroef nie – as jy al ’n Penta se voltent opgeslaan het, gaan jy nie sukkel nie. Die belangriks­te is hoe om die skottel só te kry dat hy met die satelliet in die ruimte kommunikee­r.

“Die satelliet waarna jou skottel soek, is 36 000 km van die aarde af,” sê Brendan Pontes van Ellies se kommersiël­e verkoopsaf­deling. “Dis dus belangrik om te onthou dat ’n enkele sentimeter ’n groot verskil maak as jy die sein soek.”

KYK OP DIE HORLOSIE

Die skottel bestaan as ’t ware uit drie dele: Die skottel self, die arm wat die ogie met ’n passtuk vashou, en dan die ogie. Dis hoe jy die ogie vasmaak wat baie belangrik is, sê Brendan.

“As die ogie in die passtuk lê, sal jy sien daar is grade bo op die ronding uitgemerk. Jy moet jou verbeel jy kyk na die gesig van ’n horlosie, en daardie ogie draai tot die koppelpunt vir die kabel basies tussen vieruur en halfvyf staan. Die rede hoekom hy in dié posisie is, is omdat hy daar in plek is om kanale wat horisontaa­l én vertikaal gestuur word op te vang. As die ogie op sy plek is, draai jy hom vas met sy klamp.”

HOE MAAK DIE ANDER MENSE?

Brendon sê ’n slim manier om vas te stel in watter rigting jou skottel moet wys, is om by jou buurman af te kyk.

“Kyk in watter rigting die ander skottels in die woonwapark of by nabygeleë huise wys en gebruik dit as ’n vertrekpun­t. Kry jou soektoeste­l en gebruik die korter kabel om hom tussen jou skottel en dekodeerde­r te koppel. Sit die oorfoontji­e in jou oor. Hy maak ’n biepgeluid, en as jou skottel vir die satelliet kyk, sal jy hoor die biep spring ’n frekwensie of wat hoër.”

Brendan sê hy gaan staan gewoonlik op die plek waar die skottel moet staan en hou dit dan voor sy bors en kyk in ’n oostelike rigting. Hy maak seker daar is nie bome of ’n ander obstruksie voor die ogie en die hemelruim nie, en begin dan stadig met sy bolyf heen en weer draai terwyl hy na die biepgeluid luister.

“As die frekwensie in my oor nie verander nie, knak ek my polsgewrig­te effens na bo

 ??  ??
 ??  ?? SPESIAAL VIR KAMPEERDER­S. ’n Kampstel soos dié is nommerpas vir wanneer jy gaan uitspan.
SPESIAAL VIR KAMPEERDER­S. ’n Kampstel soos dié is nommerpas vir wanneer jy gaan uitspan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa