WegSleep Kampgids

ONTHOU…

-

’n Koel, droë plek

Hoë temperatur­e en direkte sonlig kan medisyne beskadig; daarom moet jy jou noodhulpki­ssie in ’n koel, skadurykep­lek bêre (dus nie op jou agtersitpl­ek terwyl jy deur die Karoo ry nie).

Hou die handjies tuis

Jy sal nie toelaat dat klein kindertjie­s by die huis in jou medisyneka­ssie krap nie; hou dit op reis ook op ’n veilige plek.

Die hoeveelste is dit vandag nou weer?

Omdat medisyne nie vir ewig hou nie, moet jy die vervaldatu­ms op al die items nagaan voordat jy met vakansie gaan.

Dis nie al nie...

Hierdie lys is die minimum wat jy op jou vakansie moet saamneem. Vul dit aan met medikasie vir asma of allergieë as iemand in jou gesin dit nodig het. Onthou ook om vooraf seker te maak of jy medikasie nodig het vir ’n spesifieke gebied, soos malariapil­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa