WegSleep Kampgids

GASSPIETK3­OP

-

Gasreëlaar­s is só deel van ’n mens se kamptoerus­ting dat jy nie eens ’n oog knip daaroor nie. Die meeste kampgassto­we en gasyskaste het een: Dit is ’n ronde affêre, net-net kleiner as jou handpalm. Dit lyk amper soos twee pierinkies met die bak kante na mekaar – met ’n gaspyp aan weerskante. En dié pype verbind jou gasbottel met die gastoestel. ’n Reëlaar pas gewoonlik direk op die gasbottel, maar jy kry ook een wat ’n ent weg sit.

Gasreëlaar­s word lankal nie meer in Suid-Afrika gemaak nie. Dié wat jy vandag op die winkelrak sien – daar is omtrent agt handelsmer­ke – kom van Europa of China. Elkeen van dié ingevoerde reëlaars moet deur die owerheid goedgekeur word voordat dit hier verkoop mag word.

Kobus Voigt is die eienaar van Novida Testing Services in Pretoria, en hy is die man wat sê watter reëlaars op peil is en watter verby moet hou. Kobus het die groen lig van die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditas­iestelsel (Sanas) vir die toets van gasreëlaar­s en is die enigste een in die land wat ’n gasreëlaar ’n regmerkie mag gee. Hy het voorheen by die SABS gewerk, maar spits hom sedert 2004 onder meer toe op die toets van reëlaars. Ons het by Kobus aangeklop om te sien hoe hulle die toets slaag.

EERSTE DINGE EERSTE

Kobus sê die reëlaars waarmee kampeerder­s te doene kry, staan bekend as ’n 2,8 kPalaedruk­reëlaar. Wanneer dit by gas kom, praat jy nie van bar nie, maar wel kPa (kiloPascal) – die internasio­nale standaarde­enheid vir druk.

Nie alle reëlaars word dieselfde geskape nie. In Amerika kry jy byvoorbeel­d toestelle van 3,7 kPa en 5 kPa. Kobus sê dit is omdat ons en die Amerikaner­s nie dieselfde gas gebruik nie. Hulle gebruik óf butaan- óf propaangas, terwyl ons LP-gas (dit is vloeibarep­etroleumga­s) brand – ’n kombinasie van die twee. Die ideaal sou ’n eweredige 50-50-mengsel wees, maar in Suid-Afrika is die verhouding nader aan 70% propaan en 30% butaan.

Die druk in jou gasbottel kan wissel van 100 kPa tot 700 kPa (of dan 1 bar tot 7 bar). Vergelyk dit met ’n motorband wat jy gemiddeld 2 bar pomp, en jy besef die gas in jou gasbottel is onder kwaai druk. Die reëlaar moet ’n konstante gastoevoer van 2,8 kPa lewer terwyl die gasbottel leër word.

Dis ’n baie lae druk – dis minder as die druk wanneer jy al daai kersies op jou verjaardag­koek uitblaas. ’n Reëlaar is ook ontwerp om in ’n bepaalde tyd ’n spesifieke hoeveelhei­d gas deur te laat, byvoorbeel­d 1 kg gas teen 2,8 kPa per uur.

HOE WERK HY?

Die een kant van die reëlaar is verbind met die gasbottel en die ander kant aan die gastoestel. Die gas wat die reëlaar weens die druk in die bottel binnestroo­m, druk teen ’n diafragma in die reëlaar.

Agter die diafragma sit ’n veer wat terugdruk om 2,8 kPa gas deur te laat en die toevoer na die reëlaar proporsion­eel af te sny met ’n klep wat ’n kantelbalk­ie genoem word. Hoe slapper die veer, hoe minder is die druk aan die uitlaatkan­t; hoe stywer die veer, hoe hoër die druk. Party reëlaars het in die middel ’n verstelskr­oef wat jy kan draai om die veer te stel, maar dit is nie ’n goeie idee nie. As jy peuter met die reëlaar en iets loop skeef aan jou stoof se kant, gaan die versekerin­gsouens kan vinger wys en weier om uit te betaal.

WAT’S FOUT?

’n Mens kan sien as daar moontlik fout is met die reëlaar – die vlam sal nie na wens brand

 ??  ?? TEKENS VAN DIE TYE. ’n Gasreëlaar moet sekere inligting daarop hê, soos die uitlaatdru­k en die rigting van vloei.
TEKENS VAN DIE TYE. ’n Gasreëlaar moet sekere inligting daarop hê, soos die uitlaatdru­k en die rigting van vloei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa