Jy mag jou honde saambring, maar moet net vooraf laat weet. Jy doen dit op eie risiko, want die eienaars se honde is baas van dié plaas. >
Kampplek Kies jou staanplek tussen en rondom 5 hutte. Groepe word beperk tot 30 mense. Ablusiegeriewe 2 badkamers, elkeen met ’n stort, toilet en wasbak. Jy stook self die donkie vir storten skottelgoedwater.
Prys R2 500 p.n. vir 2-20 mense en R3 500 vir 2030 mense.
Kontak 082 502 8810 janene@eselfontein.co.za eselfontein.co.za
Hoe lyk die pad? Mooi bergpasse en sowat 7 km goeie grondpad waarop jy ’n woonwa met ’n gewone voertuig kan sleep. GPS S33.401463 E19.433790