Huisgenoot

Boeke: Driekuns vir Deon Meyer

-

NUWE boek, nuwe liefde, nuwe lyf – die skrywer Deon Meyer vlieg hoog aan die vooraand van die verskyning van Ikarus.

Daar’s ook ’n nuwe huis op Stellenbos­ch. Met ’n smal, donker studeerkam­er aan die een kant van die huis waar hy in doodse stilte skryf. Aan die ander kant van die huis is dieselfde ruimte, maar dié een is oop en vol sonskyn en hier skilder die nuwe vrou in sy lewe, Marianne Vorster.

“So sit ons weerskante van die kombuiseet­kamer. My plek met dig toegetrekt­e blindings; hare het geen gordyne nie, net die son wat instroom,” vertel Deon.

Wanneer hy styf geskryf is, staan hy op en gaan haal haar vir ’n potjie tafeltenni­s in die motorhuis. “Dit werk baie goed om die bloed weer aan die vloei te kry. Sondagaand­e speel ons by my broer of hulle by ons, die kinders inkluis. Ons het selfs ’n ranglys – ek is nommer 2!”

Tafeltenni­s is net een van die afdraaipaa­djies wat Deon neem om die gesprek weg te lei van sy verhouding. Hy brei ook uit oor ’n boekbesoek aan Ysland, sy Suid-Koreaanse uitgewer wat hy onlangs vir die eerste keer ontmoet het en dat hy kapt. Mat Joubert se karakter nie op homself geskoei het nie.

“Al wat ons deel, is dat Mat ook groot is. Ek weet hoe dit is om in ’n groot lyf te leef, ’n lyf wat nie slank en atleties is nie. Jy’s altyd een van die grootste ouens in die vertrek, jy sukkel om skoene en baadjies te kry, vliegtuigs­itplekke is ’n probleem.”

Die vraag was eintlik nie oor sy 1,89 m lange lyf nie, maar oor Marianne wat onverwags in sy lewe gekom het.

“Ek het haar baie stelselmat­ig leer ken en het nooit voorsien dit sou in ’n ernstige verhouding verander nie,” kom hy versigtig terug by die punt.

Deesdae vat hulle byna elke dag die pad op hul bergfietse, maar voor hy heeltemal so besig was, het hy haar graag agterop sy geliefde BMW-motorfiets gelaai sodat sy styf teen sy rug saam met hom die plesier van wilde spoed in die oopte kon ervaar.

Hy tel sy woorde een vir een. Hulle twee, daarenteen, práát. Nie oor ditjies en datjies nie, oor “boeke, flieks, kuns, mense, sielkunde, die wêreld waarin ons leef.

“Ons praat verskrikli­k baie.” Vaughan Cupido speel ’n onverwagte rol in die nuwe boek van Deon Meyer (wat self deur Kupido verras is)

 ??  ?? Die skrywer en die skilder: Deon Meyer en sy vriendin, Marianne Vorster.
Die skrywer en die skilder: Deon Meyer en sy vriendin, Marianne Vorster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa