Huisgenoot

HILLSIDE TOE MET HOË STANDAARDE

David keer ná ses jaar terug na die kassie as ’n nuwe karakter in 7de Laan – en ’n wyser mens wie se wilde dae verby is

- Deur JANA SMIT Foto’s: ROWYN LOMBARD

TEEN sy slape het die blonde hare grys geword en hy het nou ’n bokbaardji­e, maar die vonkel in die blou oë is nog daar. Dis byna ses jaar vandat kykers hom laas op die kassie gesien het, maar in sy denimbroek en grys hemp is die akteur David Rees deesdae nog net so aantreklik soos toe ons hom as Niek Naudé in Egoli leer ken het.

Maar weg van die Egoli-stel was David (48) se lewe onstuimig. Byna 10 jaar gelede het hy die sluier oor sy jare lange drank- en dwelmprobl­eem gelig wat hom platsak gelaat en tydelik van sy dogtertjie, Wanya (destyds 2), vervreem het (20 jaar in ’n dwelm-hel, 1 Maart 2007).

Die afgelope nege jaar is hy “skoon”. En binnekorte­kort is hy terug op TV, dié keer as Chris Welman, ’n nuwe karakter in die sepie 7dee Laan. (Sien die kassie.)

In die jare sedert Egoli was hy nie ledig nie. Hy was in die rolprent Susanna van Biljon en n in die toneelstuk­ke My Boetie Se Sussie ie Se Ou en Die Waarsêer. Maar hy is verheug oor sy terugkeer na die kassie. “Ek wou regtig, regtig egtig graag hierdie rol hê; ekk was so bly toe ek dit kry,” vertel David inn 7de Laan se Randburgse­dburgse ateljees.

“Dis ’n geleenthei­d om iets by te dra. Dis my vierde week op die stel; ek is baie gelukkig.” elukkig.”

Op 3 Junieunie maak David sy debuutut as Chris, ’n ryk ontwikkela­ar ar wat saam met sy gesin Hillside toe kom. “Allerhande intriges en geraamtesa­mtes kom uit.”

En ja, daar is ooreenkoms­te tussen hom en Chris, wat geen twak duld nie en hoë eise aan homself stel. “Ek was met die jare nie heeltemal onaspris nie; ’n rebel . . . Maar ek dink nie mense besef hoe streng eng ek met myself is en watter

standaarde­andaarde ek vir myself stel nie.”

DAVID kyk terug op sy wilde dae. “Op ’n dag sou die tequila by die verkeerde gat afgaan, en voor jy jou oë uitvee, is daar moeilikhei­d. Dan begin

 ??  ?? HOOFFOTO:HOOFFOTO DDavid Rees is gryser maar nog ewe sexy. Binnekort is hy terug op die kassie. BO: As Niek Naudé in Egoli.
HOOFFOTO:HOOFFOTO DDavid Rees is gryser maar nog ewe sexy. Binnekort is hy terug op die kassie. BO: As Niek Naudé in Egoli.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa