Huisgenoot

ALLERMOOIS­TE LIEFDESVER­HAAL

-

OOR verhouding­s kan ons lesers nooit genoeg lees nie, want dit maak nie saak wie jy is nie – hoe dit tussen jou en jou geliefdes gaan, is ’n groot bepaler van jou geluk. En soos ’n kenner in ons artikel op bl. 14 verduideli­k, is die ouer-kindverhou­ding ons belangriks­te kennismaki­ng hiermee. Dit het ’n groot invloed op hoe ons oor onsself dink, die wêreld beskou, uitdagings hanteer. Maar ouerskap is nie maklik nie – alle ouers faal soms.

By Huisgenoot kry ons gereeld briewe van lesers wie se kinders nie meer in hulle belangstel nie. Nadat so ’n brief onlangs verskyn het, het heelparty kinders laat weet hulle het deur die jare hul vertroue in en respek vir hul ouers verloor en daarom wil hulle niks meer met pa of ma te doen hê nie.

Ons artikel probeer sin maak hiervan: Wanneer het hierdie kernbelang­rike verhouding so toksies geraak dat dit geregverdi­g is dat jy kontak met jou ouers verbreek – en wat is die prys wat jy daarvoor gaan betaal?

Ons baai nog in die gloed van Huisgenoot se 100-jaar-partytjie (kyk op bl. 107), maar ons volgende groot uitsien is na ons Gateway to Spaceuitst­alling wat binnekort in Johannesbu­rg begin. Ons het solank agter die skerms gaan loer (bl. 102). Daar is onder meer nabootsers waarin jy kan voel hoe dit is om ’n ruimtevaar­der te wees. Ek wil beslis gewigloosh­eid gaan ervaar! Die brief oor Kasoepie wat sy droomnooi se trein in die ou Suidwes onderskep het, is die mooiste liefdesver­haal wat ek al gehoor het (Briewe, 19 Mei). Ek het na my man gestap en dit vir hom gelees. Ons het albei trane in ons oë gehad; hoe dan nou anders?

Baie dankie aan Kasoepie dat hy dit met almal gedeel het. DOREEN SMITH,

HUMANSDORP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa