Huisgenoot

MY SIEKTE SONDER KUUR

Wyley p prof. Chris Barnard se oudste dogter vertel van haar drie jaar lange stryd teen Parkinson se siekte

- Deur LARA AT ATSON Foto’s: MEGAN MILLER

SY HET geweet daar is groot fout toe haar kinders op ’n dag sê hulle soek hul “ou mamma” terug. Die tekens was daar: haar vinger wat uit die bloute dans, die skielike tinteling in haar linkerarm. Sy was besluitelo­os en angstig, het haar man gekla, en sy het anders begin loop. Toe kom die skokdiagno­se: Sy het Parkinson se siekte, ’n breinafwyk­ing wat jou geleidelik spierbehee­r laat verloor. Deirdre Barnard Visser, oudste dogter van die hartpionie­r prof. Christiaan Barnard, ly aan ’n siekte waarvoor geen geneesmidd­el bestaan nie. In sy laaste TV-onderhoud, sowat ’n maand voor sy dood in September 2001, het haar pa ironies genoeg gesê hy meen stamselnav­orsing gaan vorentoe selfs Parkinson-lyers kan help. Maar daardie voorspelli­ng in Sandra op ’n Drafstap, Sandra Prinsloo se geselsprog­ram op kykNET, het nog nie waar geword nie. Deirdre kon die diagnose nie aanvaar nie. “Aan die begin was dit verskrikli­k,” sê die 66-jarige ma van twee. Sy klem ’n rooi sakdoek vas in haar linkerhand, wat deurgaans bewe, ’ n simptoom van haar siekte. Sy het by vier neuroloë gaan aanklop en verskillen­de alternatie­we terapieë beproef. Sy is ook twee keer weens kwaai depressie in ’n psigiatrie­se kliniek opgeneem.

Nou, drie jaar later, voel sy beter. “Baie mense sê hulle sal nie eens agterkom ek het dit nie, maar dis vir my moeilik. Wanneer jy by mense is, konsentree­r jy heeltyd om nie te wikkel nie. Partykeer sit ek met my hand so,” sê sy en steek haar linkerhand onder haar linkerbeen in waar sy op ’n bruin leerrusban­k sit.

Sy het Lucky Man: A Memoir (2002) deur die Hollywood-akteur en Parkinson-lyer Michael J. Fox (54) gelees. “Hy het gesê wanneer hy soggens wakker word, beweeg sy vinger so. Ek het dit ook. Jy wens maar jy het nie die siekte nie.” Sy gee ’n wrang laggie. “Die ergste is om dit te aanvaar, en die gedagte dat jy nie kan beter word nie.”

DIE voorportaa­l van Deirdre en haar man, prof. Kobus Visser (63), se tweeverdie­pingmeenth­uis in Tuine, Kaapstad, getuig van die glanslewe wat haar pa eens gelei het. Daar is ’n foto van hom saam met oudpres. Nelson Mandela en op ’n ander glimlag hy breed by wyle prinses Diana.

Chris was ’n “pa-figuur” vir Diana in die tyd toe sy nog met die hartchirur­g dr. Hasnat Khan uitgegaan het, sê Deirdre, deesdae ’n huisvrou. Sy was 30 jaar in die onderwys, maar het in 2012 haar pos as remediëren­de onderwyser by die Joodse skool Herzlia in Seepunt weens kostebesno­eiing verloor. “Dis nogal ’n ding as jy jou hele lewe lank gewerk het,” sê sy. En toe begin die tinteling in haar linkerarm.

Sy is dokter toe. Dié het gesê dit is dalk net ’n vasgeknypt­e senuwee en het haar na die neuroloog dr. Dion Opperman verwys. By hom moes sy vingeroefe­ninge

 ??  ?? Deirdre Barnard Visser ly aan Parkinson se siekte, maar gaan stap nog gereeld met Roxy.
Deirdre Barnard Visser ly aan Parkinson se siekte, maar gaan stap nog gereeld met Roxy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa