Huisgenoot

EN DIE EKONOMIE?

-

bly o oor die wetlike r regverdigi­ng vir die ondersoek.”on Al Alex Mashilo,M h woordvoerd­er van die Suid-Afrikaanse Kommunisti­ese Party, sê die gedrag van die Valke onder Ntlemeza spreek van polities gemotiveer­de, faksionele en privaat agendas. “Gordhan, wat ’n skans geword het teen die plundering van openbare hulpbronne, word geïsoleer en geteiken.”

Gordhan beklee “’n kritieke kabinetspo­s. As so ’n senior minister Suid-Afrikaners vra om hom teen sy eie regering te beskerm, moet hy regtig onder beleg wees,” sê Hussein Solomon, senior professor aan die Universite­it van die Vrystaat se departemen­t politieke studies en regering.

Volgens die ontleder Max du Preez dui dit op ’n skeuring in die regering en die ANC. Dit wys die magsgroepe­ring rondom Zuma jaag nou hul doelstelli­ngs voluit na, ten koste van Gordhan en adj.pres. Cyril Ramaphosa, wat die ekonomie aan die gang probeer hou.” Daar is ’n sterk vermoede en hoop dat hy en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan Gordhan se kant is. hy kon nie anders nie.”

Gordhan n gaan Zuma teen oor verskeiek i fi finansiële­iël kwesk sies, onder meer oor wat met die SAL moet gebeur. Die lugredery is in ’n finansiële verknorsin­g en Gordhan mik na ’n privaatsek­torvennoot en ’n nuwe direksie. Maar die SAL-voorsitter, Dudu Myeni, is ’n hegte vriendin van die president en wil Gordhan uit die pad hê.

Nog ’n haakplek tussen Zuma en Gordhan is die kwessie van ’n moontlike kernkragoo­reenkoms, waarskynli­k met Rusland. Gordhan het benadruk dis nog onnodig en Suid-Afrika kan “nie nou ’n ooreenkoms van tot R1 triljoen bekostig nie”. Maar die nuwe kernkragre­aktors is steeds ’n Zuma-troetelpro­jek. Boonop wil die omstrede Gupta-familie glo uraan vir sulke reaktors voorsien. “Intussen moet Gordhan as tesourieho­of binnekort die bedrag finaliseer wat Zuma vir Nkandla moet terugbetaa­l,” sê prof. Dirk Kotzé, politieke wetenskapl­ike van Unisa. Die Zuma-kamp hoop moontlik Gordhan sal swig voor intimidasi­e en “’n konserwati­ewe besluit neem” oor die bedrag.

Dirk meen Gordhan is die Guptas se hoofteenst­ander. “Vir hulle is die groot prys om van hom ontslae te raak. Dis ’n terugvegpo­ging dié om die invloed en aansien te probeer terugwen wat Zuma sedert Desember verloor het,” sê Dirk. Ontleders stem saam: Waai Gordhan, kan die ekonomiese gevolge rampspoedi­g wees. “As hy wel afgedank word, sal dit groot beleidsons­ekerheid skep,” sê Dawie Roodt, hoofekonoo­m van Efficient Group. “Wat gaan die volgende minister se beleid wees?”

Die kredietgra­deringsage­ntskap Moody’s het wel kort voor “Gordhangat­e” aangekondi­g hulle hou vir eers ons gradering onverander­d (grootliks danksy Gordhan), maar pas wel hul Suid-Afrikaanse vooruitsig na negatief aan.

Dawie vrees die ander groot graderings­agentskapp­e, soos Standard & Poor’s, kan ons wel vandeesmaa­nd ’n rommelgrad­ering gee.

“Dit gaan pynlik wees. ’n Kredietafg­radering sal ’n selfs swakker rand, hoër inflasie en rentekoers­e, nog swakker ekonomiese groei en nog armoede beteken.”

Hussein voeg by: “As jy ’n buitelands­e belegger is, sal jy tans in dié land wil belê? En hoe kan die ekonomie sonder investerin­g groei? Daarvoor moet jy vertroue in die landsbestu­ur hê.” EKSTRA BRONNE: CONSTITUTI­ONALLYSPEA­KING.CO.ZA, SACP. ORG.ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa