Huisgenoot

AMASI-OONDHOENDE­R

- 1 2 3 4 5 1 3 4

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 1 uur 1 heel hoender 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander sout en vars gemaalde

peper 500 ml (2 k) amasi WORTELS 15 ml (1 e) olyfolie 8 wortels, heel of

in stukke gesny 60 ml (¼ k) atjar Voorverhit die oond tot 200 °C.

Geur die hoender oraloor met die komyn, koljander, sout en peper. Plaas in ’n oondbak.

Giet die amasi oor die hele hoender en rooster 15 min. in die oond.

Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C. Bedek die hoender met foelie en rooster nog 45 min. Haal die foelie af vir die laaste 10 min.

Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die wortels tot gaar maar nog effens bros. Voeg die atjar by en roerbraai nog 5 min. Geur na smaak met die sout.

Haal die hoender uit die amasi en sny in stukke. Sit voor saam met die wortels, vars koljanderb­lare* en ekstra atjar*.

Wortels TUNA-PASTAGEBAK

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 20 min. 2 x 170 g-blikke tuna

stukke, gedreineer 100 g mozzarella­kaas,

gerasper 10 g grasuie, gekap 125 ml (½ k) room

kaas 125 ml (½ k) melk 5 ml (1 t) mielieblom, opgelos in 5 ml (1 t) water 500 g skulpiepas­ta,

gekook tot net gaar sout en vars gemaalde

peper 125 g kersietama­ties 1 wiel feta, gekrummel 15 ml (1 e) olyfolie Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

Meng die tuna, mozzarella, grasuie, roomkaas, melk en mielieblom­mengsel goed.

Meng die tunamengse­l deur die pasta. Geur na smaak met die sout en peper. Skep in die bereide oondbak.

Pak die kersietama­ties bo-op en sprinkel die feta oor. Giet die olie oor en bak 20 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en bros.

Sit die pasta voor saam met nog vars grasuie*.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa