Huisgenoot

WAT IS VITAMIEN D EN HOE WERK DIT?

-

HOEVEEL van ons ken dit nie? Soggens douvoordag, nog voor die son opkom, is Ronell Bezuidenho­ut (51), ’n predikant van Johannesbu­rg, by haar huis uit en op pad werk toe. En teen die tyd dat sy saans tuiskom, is dit gewoonlik reeds donker. Dis veeleisend, ja, maar ook ongesond. Sowat 18 maande gelede het Ronell, wat bedags meestal agter haar lessenaar sit, ál meer lusteloos en moeg begin voel. Daar was ook ’n aanhoudend­e pyn in haar ledemate en litte.

“Ek het vermoed ek het klierkoors en is dokter toe, maar toe vertel hy my ek het ’n groot vitamien D-tekort,” vertel sy.

Die medisyne? Die dokter beveel aan sy sit daagliks ’n kwartier in die son met haar moue opgerol.

Baie mense ken dalk die simptome van moegheid en seer ledemate, maar hulle sal nie sommer raai die wortel van die kwaad is ’n tekort aan sonlig – die hoofbron van vitamien D – nie.

Veral in die winter, wanneer ’n mens uitsien na snoesige warm truie, tyd onder die kombers en ’n welkome blaaskans van die bloedige Afrikason, kan dié gevaar jou dalk onverhoeds betrap.

Danksy aanvulling­s en genoeg tyd in die son is Ronell deesdae weer gesond. Hoe kan jy ook sorg dat jy genoeg van dié belangrike vitamien kry? Vitamien D is die vitamien wat die liggaam kalsium help opneem.

Die liggaam vervaardig vitamien D wanneer die son op jou vel skyn, kyn, verduideli­k dr. Celeste Naude, ’n dieetkundi­ge ieetkundig­e aan die Sentrum vir Bewysgebas­eerdegebas­eerde Gesondheid­sorg aan die Universite­it Stellenbos­ch (US).

Ons elkeen kort kalsium vir beengesond­heid. Sonder voldoended­e vitamien D in die liggaam kan an ’n mens dus kort voor lank beeneenges­ondheid inboet, voeg Ireneene

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa