Huisgenoot

WIE LOOP GEVAAR VAN ’N TEKORT AAN VITAMIEN D?

-

dieetkundi­ge Anél Kirsten. “Onlangse studies dui ook op ’n verband tussen onvoldoend­e vitamien D en diabetes sowel as hartkwale.” Anél verduideli­k mense met min vitamien D se kans op hartkwale is 60 persent groter en dat hulle ook twee keer meer geneig is om ’n hartaanval te kry. “Hipertensi­e kom drie keer meer algemeen voor by mense met ’n tekort aan vitamien D,” sê sy. Vitamien D help die liggaam fosfor opneem, wat jou help herstel ná beserings, sê Johanita. Studies dui daarop dat vitamien D ook die spiere vinniger help herstel ná ’n strawwe oefensessi­e in die gim of op die sportveld. Die niere ly ook skade, voeg Irene by.

Johanita voeg by kinders kan die v volgende simptome toon:

Lae kalsiumvla­kke in die bloed. Spierkramp­e. Moeilike asemhaling. Swak bene. Buierighei­d. Swak tande. Van die minder algemene simptome i is ’n verswakte eetlus, diarree, slapeloosh­eid,slapeloosh

DIE OPLOSSIOPL­OSSING

“Genoeg vitamien D is baie belangrik vir swanger vroue en dié wat borsvoed,” sê die dieetkundi­ge Anél Kirsten.

Dit speel ’n belangrike rol in jou baba se beenontwik­keling en groei. Jy moet daarom aanvulling­s neem terwyl jy swanger is en tot ses maande nadat jy die lewe geskenk het, veral as jy borsvoed.

Jy moet ook sorg jy kry genoeg blootstell­ing aan sonlig.

“Kinders tussen drie en 18 maande kort sigproblem­e en ’n brandsensa­sie in die mond en keel, sê Anél. Dis nie net mense wat sonsku is wat ’n risiko loop nie. Kinders wat medikasie teen epilepsie neem, sowel as kinders met sindrome soos sistiese fibrose en seliakie is kwesbaar omdat dié siektes en behandelin­gs die liggaam moeiliker vitamien D laat opneem, sê Irene. Medikasie soos lakseermid­dels en steroïede maak ’n mens ook vatbaar, sê Anél. Sy sê mense bo 50 loop gevaar omdat die niere die vitamien minder doeltreffe­nd opneem namate die jare aanstap. Mense met lewer- en nierkwale kan ook vatbaar wees. “Omdat jou liggaam vitamien D vervaardig wanneer jy aan sonlig blootgeste­l word, kan jy ’n tekort ontwikkel as jy min buite kom, klere dra wat min vel wys, in ’n kouer gebied woon of ’n donkerder vel het, want so ’n gelaatskle­ur vervaardig minder vitamien D.” Jou liggaam sukkel om toegang te kry tot sy vitamien D as jy oorgewig is, sê Anél. “Mense met ’n liggaamsma­ssaindeks bo 30 of wat ’n maagomleid­ing gehad het, het dikwels ’n tekort aan vitamien D in hul bloed.”

 ??  ?? Almal, donker of lig, kort die soort vitamien D wat ’n mens van sonlig kry, maar onthou: Hoe donkerder die vel, hoe langer die tyd in die son om genoeg vitamien D te vervaardig, sê die dieetkundi­ge Irene Labuschagn­e. Donkerder mense sal dus daagliks ’n...
Almal, donker of lig, kort die soort vitamien D wat ’n mens van sonlig kry, maar onthou: Hoe donkerder die vel, hoe langer die tyd in die son om genoeg vitamien D te vervaardig, sê die dieetkundi­ge Irene Labuschagn­e. Donkerder mense sal dus daagliks ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa