Huisgenoot

TE LIEF VIR SY MA?

-

Ek en my kêrel is nou albei ouer as 30. Sy ma koop nog dikwels vir hom klere en soek dit sonder hom uit. Ek het eers gedink dis oukei, want sy pa is al lank oorlede.

Nou gaan ons al vier jaar uit en ek sien sy kies ook ander goed vir hom uit. Hy het haar saamgeneem toe hy ’n motor koop en nie ’n kleur kon kies nie.

Ek kom uit ’n enkele, lang verhouding wat nie gewerk het nie, maar hy het ’n klomp onsuksesvo­lle verhouding­s gehad.

Hy is altyd op sy senuwees wanneer sy ma by ons kom kuier. Hy bel haar ook elke dag.

My kêrel drink nogal baie, maar ek wil hom nie hieroor los nie. Ons baklei nie en is goeie vriende.

VK op IL

Dit klink of jou kêrel se ma ná sy pa se dood haar behoefte om iemand te versorg op hom oorgeplaas het. Dit kan gebeur dat ’n ma kinders bewustelik of onbewustel­ik inspan om haar behoefte aan liefde te vervul.

Dikwels voel ’n kind in so ’n situasie hy skuld haar iets, veral as sy ma opoffering­s vir hom gemaak het. Hy probeer dan daarvoor vergoed deur haar ’n reg op sy lewe en sy besluite te gee.

Die ma verontskul­dig haar deur te sê sy is “net ’n goeie ma”.

Waar laat dit jou? Jy kan nie sy kwessies met sy ma namens hom oplos nie. Dit is een van daardie dinge wat hy self moet doen, maar berading kan ’n verskil maak.

Jy kan hom wel liefdevoll­e leiding gee en hom wys op wat hy reeds alles vir haar gedoen het en steeds doen, en hoe dit sy lewe benadeel dat hy nie self eenvoudige besluite kan neem nie.

Moenie sleg praat van jou kêrel se ma of haar vermy nie.

Help hom om ál meer onafhankli­k van haar te word deur dit by hom tuis te bring sy ma se lewensgelu­k is nie net sy verantwoor­delikheid nie. Sy het ’n eie lewe; daarom mag hy ook ’n eie lewe en gesonde ander verhouding­s hê. Een ding is selfs pynliker as om in ’n verhouding erg seer te kry: om telkens seer te maak en seer te kry. Soms kan ’n mens nie glo dit gebeur weer met jou nie; tog kan jy in ’n verhouding weer op dieselfde blokkie beland, al het jy van voor af begin.

Meestal is dit omdat ons nie gekyk het wat die vorige keer skeefgeloo­p en ’n aanpassing gemaak het nie. Dit is soos om ’n skoon ruit met ’n vuil lap te probeer was.

Al hoe ’n mens kan keer dat jy gister se foute herhaal, is om hulle te erken en te ontleed. As ons nie aan ons tekortkomi­nge werk nie, sal ons aanhoudend die gevolge daarvan dra.

Vergifnis breek dikwels ’n kringloop van seerkry.

Ondersoek jou hart en wees die minste wat vergifnis vra betref. Die oplossing lê nie in die arms van ’n man nie. Oorkom jou drankprobl­eem, want eers dan kan jy goeie besluite oor jou toekoms neem. Jy het twee verhouding­s en jou lewe verongeluk omdat jy jou na die bottel wend wanneer jy emosionele pyn verduur.

Al uitweg is om nou eers halt te roep met alle verhouding­s en aandag aan jouself en jou probleme te gee. Alkoholism­e knou ’n mens se algemene gesondheid. As jy wil aanhou werk en vir jouself moet sorg, sal ’n organisasi­e soos Alkoholist­e Anoniem of die Christelik­e Afhanklikh­eidsdiens jou moet help.

Pleks daarvan om jou aandag op die verlede en verhouding­s toe te spits, moet jy jou seun help sodat hy kan studeer en ’n kwalifikas­ie kan kry. Kinders van alkoholist­e het dikwels emosionele probleme en het baie steun nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa