Huisgenoot

NUWE DVD’S

- 16TVG. R145*. Jennifer Jason Leigh) Kurt Russell) 2015. 95 min. 16TSG. 2014. 91 min. 7-9 OT. Sielkundig­e riller. Romantiese drama. R97*.

THE HATEFUL EIGHT

168 min. Quentin Tarantino keer terug met sy agtste rolprent – nog ’n gewelddadi­ge, veelseggen­de huldeblyk aan sy gunsteling­rolprente en ’n samevoegin­g van genres.

Die intrige speel af ’n paar jaar ná die Amerikaans­e Burgeroorl­og en begin met ’n poskoets wat voor ’n hewige sneeustorm in Wyoming probeer uitry. Binne is ’n kopjagter ( wat sy gevangene ( na Red Rock neem om gehang te word. Hulle laai twee mans op – ’n kopjagter en oudsoldaat (Samuel L. Jackson) en ’n Suiderling (Walton Goggins) wat beweer hy is Red Rock se nuwe sheriff – en haal ’n halfweghui­s. Daar is reeds vier twyfelagti­ge karakters – ’n Mexikaan (Demián Bichir), ’n Engelse laksman (Tim Roth), ’n cowboy (Michael Madsen) en ’n oudgeneraa­l (Bruce Dern).

Die interessan­te aanloop en uiteenlope­nde groep, met oorgawe vertolk deur ’n oorwegend goeie rolverdeli­ng wat aan Tarantino se kleurryke dialoog kou, behou maklik ’n mens se aandag amper drie uur lank. Danksy die gebruik van ’n outydse wyeskerm-filmformaa­t is die skote van die sneeuwilde­rnis asemrowend. Die komponis Ennio Morricone se meesleuren­de musiek het sy Oscar verdien. Ongelukkig daal die rolprent tot beuselagti­ge oomblikke wat kragtige tonele ondermyn wanneer Tarantino probeer skok met ekstreme geweld, en die klimaks is onbevredig­end. Sy aanhangers behoort dit te geniet, maar dit bied niks nuuts wat skeptici tot ander insigte sal bring nie. – SANDRA VISSER Western. * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com.

2015. 85 min. O. Animasie-avontuur. Die onbeholpe, skaam, wanaangepa­ste agtjarige Charlie Brown (Noah Schnapp se stem) en sy uiteenlope­nde groep vriende is terug om ’n nuwe geslag met sy ploeterend­e manewales en ongelukke te vermaak – al skiet die rolprent dalk tekort in ’n era waarin baie animasiero­lprente blykbaar die melodrama ophoop. Getrou aan sy wortels van die 1950’s, is die rolprent meer hansworser­y en amper kuis in sy storievert­elling. Vir ’n ouer geslag is dit ’n vars briesie en ’n herinnerin­gsreis, maar vandag se tieners sal dalk dink dis vervelig. – LYNN ELY

RETURN TO SENDER

’n Verpleegst­er (Rosamund Pike van Gone Girl-faam) korrespond­eer met haar verkragter (Shiloh Fernandez) en besoek hom in die tronk. Hulle smee ’n aardige vriendskap en ná sy vrylating help hy haar met opknapping aan haar huis, maar iets meer as ’n vreemde romanse broei. Pike is uitstekend in die rol as die verontregt­e vrou wat vergelding soek, en Fernandez is puik as die opperste misgewas / sjarmante probleemki­nd. Tog word die kyker se ongemak met die stadige pas so uitgerek dat die (hoewel goeie) ontknoping meer onthutsend as bevredigen­d is. – MARIANA LOOTS

BEFORE WE GO

Die straatviol­is Nick Vaughan (Chris Evans) kom af op ’n vrou in nood, Brooke Dalton (Alice Eve), op ’n stasie in Manhattan en besluit om haar te help. Hulle leer mekaar ken terwyl hulle deur die stad beweeg en Brooke by die huis in Boston probeer kry. Ongelukkig draal Evans se regiedebuu­t op plekke, is onoortuige­nd op ander, geneig om vervelig te raak en bederf ’n dubbelsinn­ige einde dit. Net vir liefhebber­s van Before Sunrise (1995) en Before Sunset (2004). – CHEZ POOL Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa