Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / THE ROAD WITHIN

- Anna Kendrick)

Ware lewensdram­a. Met Dev Patel, Zoë Kravitz en Robert Sheehan. Regisseur: Gren Wells. 16STD. Begin op 27 Mei.

Waaroor gaan dit?

’n Seun wat aan Tourette-sindroom ly, ’n anorekties­e meisie en ’n jong man met obsessief-kompulsiew­e gedragsteu­ring beland saam in ’n motor en wil die beskawing agterlaat. Die probleem is die beskawing wil hulle nie laat gaan nie.

Wie sal hiervan hou?

Soveel as wat ’n mens die rolprent bewonder en simpatie het met die drie verlore karakters wat deur die gemeenskap verwerp word omdat hulle nie by die “normale” norme kan aanpas nie, net so moeilik is dit om hierdeur te sit.

Die karakter wat aan Tourette-sindroom ly, raak gedurig obseniteit­e kwyt en kan dit nie verhelp nie. “Dis soos om te nies; jy kan dit nie keer nie,” sê hy. Voornemend­e kykers moet dus weet dat die taalgebrui­k sterk en gekruie is.

Vincent se onkonvensi­onele verhouding met ’n jong meisie, Marie (Zoë Kravitz), is – om die minste te sê – stormagtig en uitdagend, terwyl Dev Patel as die jong man wat kompulsief netjies is, later op Ferdia Walsh-Peelo en Lucy Boynton in ’n toneel uit die musiekdram­a Sing Street. ’n mens se senuwees begin werk.

Die regisseur slaag nie daarin om jou werklik vir hierdie karakters te laat voel nie en hul nukke en geite rafel later jou senuwees uit. Lesers wat egter mense ken wat aan hierdie siektes ly, kan simpatie met die karakters hê, maar op film raak dit by tye net te dik vir ’n daalder.

Patel en veral Robert Sheehan as Vincent moet uitgesonde­r word vir goeie en beheerste spel.

Kortom: Dis ’n veeleisend­e rolprent wat net soveel toewyding van die kyker vereis as van die mense met wie se paaie die karakters s’n kruis.

Kyk nou of wag vir DVD?

Omdat die rolprent so moeilik is, is dit beter om die vertroosti­ng van mede-fliekgange­rs te geniet wat saam met jou kyk en dalk anders as jy reageer. Jy moet geduld hê. Me and Earl and the Dying Girl, Adult World. Robert Sheehan het dwarsdeur die verfilming, selfs al was die kamera afgeskakel, kru uitbarstin­gs gehad en geruk om in karakter te bly. – LEON VAN NIEROP Die aantreklik­e kap dit behoorlik uit in sy nuwe rolprent, Mike and Dave Need Wedding Dates. Zac speel Dave, ’n loskop wat gereeld saam met sy broer, Mike (Adam DeVine), familiebye­enkomste versuur. Om te keer dat hulle ’n spektakel van hul suster se troue in Hawaii maak, word Mike en Dave gedwing om ordentlike metgeselle vir die geleenthei­d te soek. Toe kruis Alice ( Dave se pad, met skreeusnaa­kse gevolge. Die komedie word in Julie uitgereik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa