VOOR DIE HOF
Hans du Plessis weef ’n onmisbare storie oor ’n aanvallige aangeklaagde
DDeur ELNA VAN DER MERWE AAR is ’n lekker paar skunnighede en vure wat in mans se bloed aangesteek word in Tussen die Klippe. Vra ’ n mens die skrywer van dié nuwe roman, Hans du Plessis, hoe hy dit regkry op ’ n manier wat nie die sedebewakers sal ontstig nie, pypkan hy die vraag.
“Ek moet eerlik sê ek weet self nie regtig nie. Ek dink dit is omdat die storie wat ek vertel deurgaans die belangrikste is. ’n Roman sonder ’n storie is ’n traktaatjie of ’n preek, en ek is nie ’n prediker nie,” sê hy.
Hy vertel Tussen die Klippe is in ’n neutedop ’n hofdrama wat afspeel teen die einde van die Groot Trek in die Moot, nog voor Pretoria gestig is.
“Susanna Isabella Marais word aangekla van veelmannery en die onnoembare sondes wat daarmee saamgaan. Ds. Johannes van die Kolonie is deurgaans die simpatieke (of goedgelowige?) verteller.
“Dit is ’n hofdrama, maar dit is die hof van landdros en heemrade in die oopte onder die bome uit die tyd toe daar noord van die Gariep nog nie regtig ’n republiek was nie. Uit die aard van sy bediening vertel ds. Johannes die storie uit ’n Christelike perspektief van liefde op soek na die waarheid – of die waarheid op soek na die liefde? Maar die waarheid is nie noodwendig waar nie, en die liefde verstaan haarself ook nie te waffers nie, veral as die skuld voor die hand liggend is.”
Hoewel Hans voor in die boek verklaar dat die storie uit sy duim gesuig is, klink dit of dit regtig kon gebeur het.
“Nee, daar was nie so ’n Susanna nie, maar daar was wel so ’n saak: (Bylaag 9,1852 van die Volksraadnotule van 29 Maart 1852, V.R. 204/52).
“In die handskrif van ds. J.H. Neethling dien die memorie voor die Volksraad waarin daar verslag gedoen word van die veelwywery van ene Johannes H. Grobler. Toe maak ek dit sommer ’ n saak van veelmannery en daar het seker ’n Susanna bestaan, maar my Susanna het ek self geskep, in die gietvorm van iemand van wie ek vandag weet . . .”
Hans, afgetrede Afrikaans-professor aan die Noordwes-universiteit wat veral bekend geword het vir sy Griekwapsalms, het ’n ellelange publikasielys – van akademiese werk tot digbundels, jeugboeke en romans. ’n Mens wonder of hy ’n baie skeppende lewe lei om te keer dat sy put opdroog.
“Dit lyk vir my partykeer of ek sommer so skep-skep lewe,” verduidelik hy. “Ek dink my grootste gawe is om te kan fokus. Ek kan ’n gedig of kortverhaal in die verveligste vergadering agter op die sakelys sit en skryf terwyl die die een ná die ander spreker voortdreun oor niks.
“Ek is dikwels vervelig, maar nooit verveeld nie. En ek lees alles wat voorkom, want goeie lesers maak goeie skrywers.”
Hy het lank skryfkursusse in Potchefstroom aangebied, en op die vraag watter raad hy vir aspirantskrywers het, antwoord hy: “Om te skryf is om oor te skryf. Die probleem is net dat ’n mens jouself so bitter moeilik kan oorskryf, want objektief wees oor jou eie skepping is ’n mite. Iemand anders moet jou eerste poging (die Amerikaners praat van ’n help bekyk.
“Daarom is iets soos ’n goeie skryfkursus ’n bate, want jy is in die gemeenskap van die woorde, en jy kom agter dat ons almal met dieselfde goed sukkel,” sê hy.
“’n Skrywer moet self die skep, Hans du Plessis se nuutste boek, Tussen die Klippe ( Lapa Uitgewers, R220), is nou op die rakke. maar om daarvan deur redigering ’n manuskrip te maak is eintlik die harde werk. Daarvoor mag en moet jy hulp soek. Selfpublikasie het ongelukkig te maklik geword en die gevolg is dat te veel pogings verskyn, en te min manuskripte.”
Weens ’n genetiese oogsiekte het Hans baie swak sig, maar dit lê nie sy skrywery en lesery aan bande nie.
“Die moderne tegnologie voorsien sagteware en tegniese hulpmiddels wat letters groot kan maak en wat kan praat.
“Verder, moet ek bysê, is die hemelse genade veel genadiger as die aardse gesukkel.”