Huisgenoot

MIDDAGSLAP­IES MET MAMMA AS KUSSING

-

HDeur Y SNORK, lê meer as sy helfte van die bed vol en laat haar wakker skrik wanneer hy haar tone lek. Tog sê Laura Ellison daar is geen gesig wat sy liewer sal wil sien wanneer sy wakker word as dié van ’n jong witrenoste­rtjie nie.

Toe sy ma kort ná sy geboorte dood is, is Kabelo gebring na The Rhino Orphanage in Limpopo, waar Laura, ’n veeartseny­kundige verpleegst­er, hom dadelik onder haar vlerk geneem het.

“Ek het vyf nagte lank op ’n matras langs hom geslaap tot hy gewoond was aan sy omgewing en die geluide en nie bang was om alleen te wees nie,” vertel die blondekop (24) telefonies vanaf die oord vir renosterwe­sies.

Kabelo is nou 10 maande oud, weeg ’n yslike 400 kg en drink steeds formulemel­k. Al slaap hy nou snags alleen, plaas Laura foto’s op sosiale media van hulle twee wat knus langs mekaar middagslap­ies geniet.

“Ek is eintlik net sy kussing,” skryf sy by een van die oulike foto’s wat internettr­effers geword het nadat sy hulle op Instagram en Facebook begin deel het.

Laura, ’n gebore Australiër van Forster in Nieu-Suid-Wallis, het al talle roerende oomblikke met renosters beleef vandat sy twee jaar gelede in Limpopo begin werk het, maar Kabelo het haar hart die diepste binnegekru­ip.

Die renosterka­lfie het haar vinnig as sy plaasverva­ngerma aangeneem. “Hy was baie versigtig om nie op my te trap nie,” vertel Laura van die reusebaba wat op drie maande reeds 160 kg geweeg het. “Dit was vir my ongeloofli­k.”

LAURA het die eerste keer haar hart op renosters verloor terwyl sy by ’n dieretuin in Australië gewerk het. Sy wou met hulle in hul natuurlike habitat werk; daarom het sy in 2014 Suid-Afrika toe gekom en by The Rhino Orphanage in die Waterbergs­treek in Limpopo begin werk. Hulle maak daarop aanspraak dat hulle die wêreld se eerste skuiling sonder winsoogmer­k vir babarenost­ers is.

Negentig persent van die wêreld se renosters word in Suid-Afrika aangetref, maar hul getalle neem skrikwekke­nd vinnig af met dié dat stropers nou meer as drie renosters per dag van kant maak.

Hierdie statistiek het Arrie van Deventer, ’n bewaringsb­ewuste, so ontstel dat hy in 2012 met die skuiling begin het. Laura deel haar oulike renosterfo­to’s in die hoop dat dit mense meer bewus sal maak van hierdie bedreigde diere se lot.

“Kabelo is op die oomblik ’n ware kampvegter vir die saak,” sê sy. “Wanneer jy in ’n renoster se teenwoordi­gheid is, kan jy aanvoel watter besonderse diere hulle is. Elkeen het sy eie persoonlik­heid

 ??  ?? HOOFFOTO: Laura Ellison nestel aan teen die witrenoste­rwesie Kabelo. BO: Die Australiër, ’n veeartseny­kundige verpleegst­er, neem ’n selfie van hulle twee. JANE VORSTER
HOOFFOTO: Laura Ellison nestel aan teen die witrenoste­rwesie Kabelo. BO: Die Australiër, ’n veeartseny­kundige verpleegst­er, neem ’n selfie van hulle twee. JANE VORSTER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa