Huisgenoot

MY HERSTELPAD NÁ KOEËLREËN

Ena het oorleef nadat haar verloofde op haar losgebrand en homself geskiet het

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: MARTIN DE KOCK

TOE haar verloofde haar ná ’n naweek van stilstuipe die Sondagmidd­ag in die sitkamer op die skouer tik en sê hulle moet slaapkamer toe gaan, het Ena Berger gedink hy wil die probleme tussen hulle uitstryk. Maar Nico Kukkuk (47), ’n afgetrede luitenant-kolonel in die polisiedie­ns, wou nie praat nie. Dit het Ena (toe 43) eers besef toe hy die kamerdeur agter hulle toesluit en buk voor die brandkluis waarin hy sy pistool hou.

Paniekbeva­nge het sy op sy rug gespring. “Moet my asseblief net nie skiet nie! Ek vra jou mooi!” het sy gegil.

Maar dit was reeds te laat. Met sy 9 mm-pistool het hy 14 skote in haar rig- ting afgevuur. Nege koeëls het haar getref. Die linkerkant van haar gesig – haar kakebeen, tong en lippe – is weggeskiet. Sy sou later besef haar linkerhand is ook deur ’n skoot vergruis. Met die 15de en laaste skoot het Nico die pistool teen sy slaap gedruk om ’n einde aan alles te maak. Maar vir Ena was dit wonderbaar­lik nie die einde nie. “Ek het gebid en vir die Here gesê: ‘Here, dis nie my tyd nie; ek sal nie vandag sterf nie,’ ” onthou sy.

In ’n eksklusiew­e onderhoud met Huisgenoot vertel die tenger vrou nou vir die eerste keer van haar skrikwekke­nde ervaring byna vier jaar gelede toe sy by die dood omgedraai het. Sedertdien het sy 27 pynlike operasies ondergaan waarin haar gesig met staal herbou en haar linkerhand met penne geheg is. “Weet jy, in Suid-AfrikaS id Afrika sterf ’n vrou elke dag aan die hand van ’n geliefde.fde Elke dag,” beklemtoon sy die woorde afgemete.

Sy kon so maklik deel gewees het van daardie tragiese statistiek.

TOE Nico hom op 24 Junie 2012 skiet en haar saam met hom probeer neem, was sy gereed om vir hom te sê hul verhouding is finaal verby. “Nico het dit geweet,” vertel Ena op ’n koue winterogge­nd op die stoep van ’n familielid se huis in Pretoria.

Sy het hom in Januarie 2007 ontmoet toe sy die Montana-gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF) in Pretoria stig nadat rowers op ’n buurvrou toegeslaan het. Nico was bevelvoerd­er van die Sino-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa