WEES ’N RUIMTEVAARDER
DIT is ’n louwarm Sondag in Sandton. Die konferensiesentrum is leeg en verlate. Buite staan ’n groep mense in die herfsson en bak. Onder hulle is vyf Amerikaners en vier Europeërs. Dan kom twee groot vragmotors, die eerste van 20, die parkeergebied binnegery. Hulle het 12 uur tevore van die Durbanse hawe af vertrek. Daar het hulle vraghouers met hul kosbare ruimteinhoud opgelaai ná ’n 30 dae lange seevaart uit Europa.
Carlos Leão, die Portugese bestuurder van die uitstalling en opleidingsbeampte, beduie aan die vragmotorbestuurders waar hulle binne die konferensiesentrum moet parkeer. Die agterflappe van die houers word oopgemaak en tydelike, plaaslike werkers staan nader. Onder Carlos se wakende oog word die items, stewig in plastiek verpak, uitgedra.
Van die oorspronklike items sluit in ’n gedeelte van ’n maanrots waaraan die besoekers kan vat. Dit is een van die 2 415 klipmonsters met ’n totale gewig van 380 kg wat tussen 1969 en ’72 deur verskeie sendings aarde toe gebring is.
Die ruimtepak van die Rus Joeri Gagarin, wat in 1961 die heel eerste mens was wat die ruimte besoek het, word uitgestal en ook drie ander pakke van Nasaruimtevaarders. Joeri se ruimtetuig het net een keer om die aarde gewentel teen 28 163 km/h. Die sending het net 108 minute geduur, maar was genoeg om hom oornag wêreldberoemd te maak.
Die ruimtepakke is nie saam in die vraghouers verskeep nie, maar per vliegtuig vervoer, want dit moes heeltyd in ’n lugbeheerde omgewing wees.
Terwyl die eerste vraghouer leeg gedra word, vertel Carlos sy gunsteling-item is die Lunar Roving Vehicle. “Ek hou van motors, alle motors, en dié battery- aangedrewe karretjie fassineer my.”
’n Replika van die ruimteverkenningsvoertuig word uitgestal, want die voertuie wat in die drie Apollo-sendings van 1971 en ’72 gebruik is om die maanoppervlak te verken, is nooit teruggebring aarde toe nie,” vertel Carlos.
Die Amerikaner Robby Eichman is in beheer van al die artefakte en modelle en sorg dat elke item op sy plek kom. Die gipsafdrukke van die hande van die Apollo 11-ruimtevaarders is vir hom iets besonders. Hulle is gebruik om vir Neil en sy mederuimtevaarders, Buzz Aldrin en Michael Collins, nommerpas handskoene te maak.
Mars word as die volgende avontuur in die verkenning van die ruimte beskou, sê Robby. “Daarom vorm nuwe tegnologie deel van die uitstalling, soos ’n futuristiese model van die Apollo-kapsule wat die mens in die toekoms Mars toe sal neem.”
Die Amerikaanse Ruimte-en-vuurpylbesoekersentrum (ARVB) het die Gateway to Space-uitstalling drie jaar gelede bekendgestel. By sy vorige bestemming, Boedapest in Hongarye, het 80 000 besoekers binne twee maande daarheen gestroom, vertel Mike Flachbart, ondervoorsitter van die ARVB. “Die Hongaarse promotors het gevra ons moet die uitstalling verleng om in die aanvraag te voorsien, maar ons kon nie, want dan sou ons nooit betyds in Suid-Afrika gewees het nie.”
Al oplossing was om die besoekure te verleng. Partykeer was die uitstalling tot ná middernag oop.
Die gewildste besoekpunte verskil van land tot land. Tog lyk dit of die Mir een van die grootste trekpleisters is, sê Carlos. Besoekers kan stap deur die module van 15 x 4,15 m wat ruimtevaarders as leefruimte gebruik het. Die hele stasie bestaan uit ses modules en is tussen 1986 en
Hoe voel dit om’nom ’n ruimtevaarder te wees? Hierdie nabootsers laat jou in die ervaring deel:
2001 gebruik. “Die nabootsers is net so gewild,” sê Carlos (lees die kassie bo).
Hoekom vind die mensdom die ruimte so boeiend? Omdat dit nog altyd om ons was, meen Holly Ralston, die ARVB se ondervoorsitter: reisende uitstallings. Terwyl die vraghouers afgelaai word, neem sy vir ’n vale foto’s. Tussendeur laat sy hoor: “Deur die eeue het dit die mens gefassineer om die onbekende te verken.” En dit, glo sy, is die rede vir die sukses van die Gateway to Space-uitstalling hier op moederaarde. R520 Computicket gatewaytospace.co.za