Huisgenoot

IN KALIFORNIË

-

herehuiseh h i i in nie?i ? hthhet hullell gevra.

“Julle sal ongetwyfel­d deel in my blydskap oor die nuus dat Angelina Jolie-Pitt die deure van haar landgoed van R940 miljoen met sy 35 vertrekke in die suide van Frankryk gaan oopmaak vir vlugteling­e,” het die rubriekskr­ywer Allison Pearson ewe sarkasties in die koerant The Daily Telegraph opgemerk.

“Die Jolie-Pitts het opknapping­swerk van R80 miljoen aan hul kasteel laat doen, so al die vlugteling­e wat hulle by hulle in hul huis gaan laat intrek, sal seker die wingerd, 20 fonteine en meer kan geniet.

“O nee, wag. Jammer, ek het verkeerd verstaan,” val Allison haarself dan in die rede. “Angelina is gretig dat ons vlugteling­e inneem.”

En dit was nie die einde nie. “Ons sal vroom, morele preke van Angelina Jolie, die multimiljo­enêr met talle herehuise, aanvaar as sy sukkel om haar ses kinders by ’n oorvol skool in te skryf,” skryf Allison ter afsluiting. (Baie Britte meen hul oorvol skole en hospitale is een van die gevolge van grootskaal­se immigrasie na Brittanje, die soort ding wat Angelina voorpraat.)

Die poniekoera­nt The Mirror het ook na haar gekap. “Angelina Jolie sal eers ’n verskil maak wanneer sy haar kop begin gebruik. Ons weet oorlog, verkragtin­g en hongersnoo­d is ’n slegte ding sonder dat sy dit vir ons hoef te sê.”

Op die webprogram Louder with Crowder het die aanbieder Kacie Burnett filantropi­ese sterre soos Angie en George Clooney afgemaak as “huigelaars wanneer dit by vlugteling­e kom. Hou maar eerder by jul draaiboek, skatties,” was haar raad

TOG het Angelina ook ondersteun­ers. Heel voor is die organisasi­e vir wie sy soveel liefdadigh­eidswerk doen: die Verenigde Nasies (VN). Angie word gereeld gesien waar sy in oorlogsone­s in vlugteling­kampe saam met die VN werk om die aandag te vestig op die sukkelende mense van wie die wêreld andersins maklik sou vergeet. Reeds voor sy die VN se spesiale gesant vir vlugteling­e geword het, het sy “meer as 40 besoeke oor die wêreld heen gedoen en goed vertroud geraak met die verskynsel van gedwonge verplasing”, sê ’n VN-woordvoerd­er.

Sedert haar aanstellin­g het sy deur modder gestap om met vlugteling­e in tydelike tente te gesels, is sy tot trane gedryf oor die toestande wat sy aanskou het en het sy al in swiepende reën ’n perskonfer­ensie gehou oor die lot van Siriese vlugteling­e. Dit staan in skrille kontras met ander Hollywood-sterre wat die VN en vlugteling­kampe gebruik as ’n manier om self die kollig te haal, sê iemand in die VN se binnekring.

So was daar al ’n aktrise (die mense van die VN noem nie name nie, maar sê sy is “bekend vir haar kurwes”) wat voor haar besoek aan ’n vlugteling­kamp eers ’n spesiale T-hemp gevra het wat haar bates sou belig.

Een ster het ’n VN-kamp in Indonesië besoek waar slagoffers van.’n tsoenami gehuisves is, maar het die VN-werkers 12 uur lank laat rondskarre­l om vir hom ’n hoed met ’n VN-logo te vind – en toe hulle ’ n hoed kry, het sy publisitei­tsmense gesê hy kan dit nie dra nie, want dit is ’n slaprandho­ed en hy dra net bofbalpett­e. (Volgens gerugte was dié BBP Leonardo DiCaprio.)

En dan is daar Christina Aguilera, wat Haïti ná die aardbewing daar besoek het. Die sangeres en aktrise het vertel sy kom help, maar het daarop aangedring dat die VN-werkers hul enigste tent met lugversorg­ing aan haar en haar gevolg afstaan.

Angelina, daarenteen, blyk die ware Jakob te wees. “Sy het meer van die vlugteling­e geweet en was al op meer plekke as ek,” sê die hulpwerker. “Ek was in Haïti, Jordanië en Sri Lanka beïndruk met haar. Sy het die kenners elke keer sprakeloos gelaat. Ek wens meer was soos sy.”

Bronne na aan Angelina sê sy vat die kritiek met ’n knippie sout. “Angie weet sy is ’n sagte teiken vir kritici. Dis deel van die werk wat sy doen. Sy lê net laag en doen haar ding.” BRONNE: THE DAILY TELEGRAPH, THE GUARDIAN, DAILY MAIL, GAWKER, US WEEKLY, DAILY MIRROR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa