Huisgenoot

KRIS SIT AGTER KYLIE-BREUK

- Y g reesbevang­e” o y y

DEMI ROSE

KRIS JENNER KYLIE JENNER

was die meesterbre­in agter en se onlangse uitmakery – so skryf Ian Halperin in sy nuwe boek, Kardashian Dynasty, waarin hy geheime van die werklikhei­dstelevisi­egesin uitlap.

Algemeen word aanvaar die rede vir die uitmakery was die 26-jarige rapper se beweerde kullery, of omdat hy soveel ouer as Kylie (18) is. Maar volgens die boek is die ware rede Kris wat gevoel het die Kardashian­s het nie plek vir hom én sy eksverloof­de, Blac Chyna (28), nie.

Toe Blac vroeër vandeesmaa­nd aan Kris se seun, Rob Kardashian (29), verloof raak en bekendmaak sy is swanger, het Kris glo besluit Tyga moet die trekpas kry. “Kris is een van die skerpste mense wat jy kan ontmoet. En sy het geweet daar is nie plek in die Kardashian­kring vir Tyga sowel as Chyna nie. Sy het Chyna gekies,” het ’n bron onthul.

Kris was glo nooit juis gaande oor Tyga nie, veral nadat hy bankrot geraak het. Sy was bekommerd hy is net agter haar jongste dogter, met wie hy twee jaar uitgegaan het, se geld aan.

Kris het vergader met Blac – wat ’n seun, King Cairo, by Tyga het – en toe

TYGA

blykbaar vir haar dogters gesê om die voormalige videomeisi­e soos deel van die gesin te behandel.

Vriende van Tyga sê die druk om tussen die Kardashian­s te wees was vir die voormalige stoutseun “oorweldige­nd”.

Intussen lyk dit of albei partye reeds met hul lewe voortgaan. Kylie se naam word verbind aan dié van die Kanadese rapper (22), terwyl Tyga saam met die Love and Hip Hop: Atlanta-ster Karlie Redd by ’n Beyoncékon­sert opgemerk is.

Sake raak dalk nou ingewikkel­der met die nuus dat ’n seksvideo van Tyga en Kylie sowat ’n halfuur op die rapper se webtuiste was voor dit verwyder is. Kylie is glo “vreesbevan­ge” dat iemand in Tyga se kamp die video sal laat uitlek.

PARTYNEXTD­OOR PARTYNEXTD­OOR

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa