Huisgenoot

TOE WORD HAAR OU ROK MYNE

-

EK WONDER al ’n ruk hoe tegnologie die manier verander hoe ons brein werk – en veral hoe dit ons kinders beïnvloed. Byna vandat hulle hul verstand kry, ontvang en verwerk hulle inligting veel anders as die geslagte voor hulle.

Genoeg navorsing is daaroor gedoen dat ons die artikel op bl. 18 kon saamstel. Die brein verander inderdaad na gelang van hoe ons dit gebruik, bevestig kenners. Die boodskappe en inligting wat ons sonder ophou ontvang, het negatiewe maar darem ook verrassend­e positiewe invloede op ons grysstof.

Dit is ook ons Vadersdag-uitgawe en die leefstylaf­deling bevat ’n bonanza van stories spesiaal vir pa’s. Dis ’n veralgemen­ing, maar baie mans is sku om dokter toe te gaan (hoewel hulle vreeslik swaarkry as hulle die dag siek voel!). Ons artikel op bl. 48 is ’n gids oor watter doktersond­ersoeke op verskillen­de ouderdomme belangrik is.

Kyk ook uit vir geskenkide­es vir Pa, watertand-vleisresep­te, vier maniere om manstruie byderwets te dra, velsorgmid­dels en dies meer vir mans van verskillen­de ouderdomme, en ons maandeliks­e motorrubri­ek.

Van motors gepraat, jy kan nou stem vir jou gunsteling­sterre in die Afrikaanse vermaakbed­ryf en help besluit wie op 12 Julie met Huisgenoot se gesogte Tempo-toekenning­s wegstap – en met jou stem kan jy dalk ’n motor of ander pryse wen! Kyk op bl. 94. Deirdre Barnard is net drie jaar ouer as ek. Kleintyd het ek haar verafgod (My siekte sonder kuur, 2 Junie). Sy was die pragtige dogter van prof. Chris Barnard en ’n Springbokw­aterskiër. Hoe graag wou ek soos sy wees. Ek het ’n plakboek gemaak met alles oor haar waarop ek my hande kon lê. En ek het gespog ek verjaar op dieselfde dag as haar pa, 8 November.

Toe op ’n dag kry ek ’n verrassing wat ’n jong meisie soos ek in die sewende hemel plaas: ’n rok wat wyle prof. Chris vir Deirdre van oorsee gebring het. Nadat sy dié rok gedra het, het dit na haar niggie gegaan, wie se ma ons huisdokter op Okahandja in Namibië was. Ná haar het die rok na my eie niggie gegaan, en ná haar het ek dit gekry. Dit het vir my amper gevoel asof die rok direk van Deirdre na my gestuur is.

Deirdre, dankie vir die gesels in Huisgenoot. Jy maak mooi herinnerin­gs wakker. Ek bid God sal jou en jou gesin seën. LIANA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa